Monday, June 25, 2007

Taste of London

Taste of London 2007
Ek het gister onbeskryflik olik gevoel na 'n onvergeetlike dag by Taste of London. Ek dink ek was allergies vir iets in een van die cocktails.
Maar, julle sal bly wees om te hoor, ek het volkome herstel, en geen blywende skade opgedoen nie. Ek dink ook nie die beloftes wat 'n mens in so 'n toestand maak dra enige gewig nie. So ek trek dit terug.

Summer Solstice, Stonehenge

Summer Solstice 2007, Stonehenge
Ek en Ronel wou vanjaar weer die Summer Solstice by Stonehenge vier, maar die keer het ons drie onskuldige mense saamgesleep. Dit was nie heeltemal so indrukwekkend soos ons eerste besoek in 2004 nie, maar was steeds interessant.
Dis asof die mense meer wild en morsig was. Volgens Faan was ons omsingel deur drek. ‘n Kollega van my het dit ook dalk goed opgesom toe sy seg: you mean like man with dog on piece of string?
Die weer was redelik misluk, so ons het net 'n paar foto’s geneem en vroeg gewaai.
Ronel het vir almal kersmusse ingepak want al was dit hoogsomer was dit vrek koud. Oral waar sy geloop het, het mense goed geskree soos: I WANT a Barbie!
Ek dink hierdie foto van Faan en Ronel sal ‘n nice xmas-kaartjie maak. En mag ek julle weer herinner - dis die middel van die somer!

Wednesday, June 13, 2007

Britain's Got Talent

... is 'n nuwe Simon Cowell/Pop Idol-rige produksie waarin mense (en 'n hele paar freaks) hulle toertjies voor die volk en drie beoordelaars doen. Die wenner kry £100,000, en die geleentheid om op die Royal Variety Performance (voor Her Maj) op te tree.

Hier's van die bestes sover:

  • 6-jarige Connie
  • Paul, wat by Carphone Warehouse werk
  • Damon en Michael Jackson se duet
  • Sunday, June 10, 2007

    London Naked Bike Ride 2007

    Ongeveer 700 mense het Saterdag aan Londen se vierde World Naked Bike Ride deelgeneem. Dis 'n jaarlikse protes teen olie-afhanklikheid, waartydens (oorwegend naak) fietsryers 'n roete van ongeveer 6km deur die stad volg, en in die proses 'n hele paar verboureerde toeskouers agterlaat.





    Die res van my foto's is hier...

    Wednesday, June 06, 2007

    2012

    Maandag is die nuwe logo van die Londen 2012 Olimpiese Spele bekendgestel:



    Natuurlik haat almal dit. Daar's reeds iewers 'n petisie met ongeveer 50,000 name op wat versoek dat 'n nuwe logo geskep word.

    Die volgende twee opmerkings (albei was in die Metro, dink ek) som basies op wat die meeste mense dink:

  • You can't polish a turd, but why not spend £400,000 trying

  • What's Lisa Simpson doing to that poor man?

    Die Londen 2012 organiseerders moes ook 'n video clip van hulle website verwyder, nadat 17 mense epileptiese aanvalle gekry het terwyl hulle daarna gekyk het.
  • The Zimmers



    The Zimmers was Maandag nr 26 in die UK Charts met hierdie song van The Who.

    Lees hier meer oor hulle.