Thursday, July 19, 2007

Hoeraaaaaaaaa!

Tour de France 2007, Prologue
Robbie Hunter het vandag die 11e skof van die Tour de France in Montpellier gewen - dis sy (asook Suid-Afrika) se eerste skof-oorwinning, en Barloworld se tweede.
Vermoedelik gaan hy ook die eerste Suid-Afrikaner wees wat die Groen Trui wen.

Ek weet nie hoeveel generasies van Suid-Afrikaners het gedink soiets is onmoontlik nie, maar vandag het alles verander.


[3 Aug: Robbie het toe net-net nie die groen trui gewen nie, maar Team Barloworld het oor die algemeen 'n ongelooflike Tour gehad deur 2 skofte asook die King of the Mountains trui te wen. Juan Mauricio Soler is sekerlik die span se groot hoop om in die toekoms die algehele oorwinning te behaal, en niks sal my gelukkiger maak nie. Hy lyk uiters komieklik op 'n fiets (asof daar 'n afleweringsmandjie voor op sy fiets behoort te wees, volgens een kommentator) en hy's bitterlik skaam, maar bowenal lyk dit of hy meer verras is met sy prestasies as die res van ons.]

Tuesday, July 17, 2007

Team Barloworld

Tour de France 2007, Prologue
Juan Mauricio Soler van Barloworld het vandag die 9de skof in die Alpe gewen. Hy's ook tans tweede in die King of the Mountain klassifikasie en, saam met 'n ander Barloworld-ryer, onder die top 5 ryers onder 25.
Robbie Hunter is steeds derde in die punte-afdeling - wat beteken hy't 'n goeie kans om die groen trui te wen.

Wednesday, July 11, 2007

Tour de France 2007, Stage 1 - London to Canterbury

Tour de France 2007, Stage 1
Robbie Hunter se span voor die Millennium Wheel. Ek het gehoop dis hy in die middel, maar nadat ek al die scars op sy knieë met dié ou s'n vergelyk het, moet ek aanvaar dis iemand anners.

Kyk hier na al die foto's van Team Barloworld.

Monday, July 09, 2007

Allez Tour de France!

You would have had a hard time deciding what to do this past weekend, what with Wimbledon, Live Earth, the British Grand Prix, Henley Regatta and the Tour de France all happening in or near London.
Being spoilt for choice is, of course, what makes this city great. And even though it can take me an hour to decide which cereal to buy, the choice for me this weekend was an easy one. It couldn’t have been anything but the Tour de France. I’ve been watching it on TV for years and, as some of you may know, once you’ve watched a Tour on TV, you’re hooked. It’s probably a good way of learning what it’s all about, but to then experience it in real life, on our doorstep, was a rare opportunity.
It’s a great honour to host the Grand Départ of the Tour de France and London truly pulled it off. The whole weekend was spectacular – helped greatly, perhaps, by the fact that Summer 2007 also fell over those two days.
Watching the Tour in real life usually means hanging around for hours, only to see the cyclists whizz by in two seconds (or less). So the main thing is really to soak up the atmosphere – and, with well over a million spectators travelling to the event, there was plenty.
I was fortunate enough to be let into the village départ (begging will get you everywhere!), which is where you can watch the cyclists as they’re warming up.
Even watching them do all the work can be quite exhausting, so I wandered over to where the VIPs hang out and where the corporate entertaining takes place. Scoffing muffins and slush puppies to recuperate, I caught a contortionist act by two dead ringers for the Cheeky Girls. It would be fair to say I could probably ride the 7.9km time trial prologue route in under nine minutes before I could ever do what they did. It looked positively excruciating.
I never dreamt that I would see the Tour in real life (kidding – of course I did!). Or that, when I finally did, a South African rider (Robbie Hunter) would be leading one of the teams (Team Barloworld). And so, last week, I wrote in a column for this paper that it would be a crying shame if there were no South African flags along the prologue route. But I needn’t have worried. I met a group of Saffas, with a flag, who told me the Union Jacks were far outnumbered by our flag.
Robbie, the first South African to ride and finish the Tour, also mentions this in his online diary, saying: "The other thing that was great was the amount of SA flags flying around the roads.
I heard London was half South African, but now I really believe it.
Let’s hope the support carries on throughout the Tour all the way to Paris."

You can read Robbie’s Tour diary at www.robbiehunter.net.

(SA Times, 9 July 2007)

Friday, July 06, 2007

What would Jesus do?

...as hy moes kies tussen agter-die-scenes toegang tot die Tour de France of die grootste konsert in die wêreld?

Hy sou natuurlik 'n bietjie van albei doen. Want hy kan!

En ek sou ook kon, vermoed ek, maar ek het die Tour de France gekies. En as jy hierdie storie gelees het, sou jy dalk verstaan hoekom. Dit kom daarop neer dat ek werklik nie 'n keuse gehad het nie. Madonna se ma, basies.

'n Paar Tour de France-toevallighede:

Ek het met Elizma, redakteur van die SA Times, se hulp 'n press pass gekry vir die Tour de France. My motivering (vir die organiseerders) was dat ons die eerste keer 'n Suid-Afrikaans-geborgde span in die Tour het, en dat Robbie Hunter 'n inspirasie is vir Suid-Afrikaners, ens.
Ek het intussen probeer om hom in die hande te kry, maar wag nog vir 'n antwoord.
Omdat ek hierdie naweek net gaan Tour de France, moes ek van my Live Earth kaartjies ontslae raak. Die eerste persoon wat op my advertensie reageer het, se naam is Robbie Hunt - wat my aanvanklik effens verwar het.

Ek het ook besluit om 'n langer lens te huur as die kit-lens wat ek het. Ek kry toe 'n plek op die internet, en toe ek dit gaan optel, is dit in die gebou waar die SA Times eers was.

Dit klink miskien nie soooo toevallig nie, maar dit IS.

Wednesday, July 04, 2007

Laat wiel

As jy my toevallig sou sien terwyl ek tydens, seg maar, die Cape Argus-fietstoer op my Bianchi-resiesfiets verby jou jaag, sal jy dink: híér het ons te doen met ‘n formidabele fietsryer. ‘n Toonbeeld van onstuitbare krag en (bykans) ongelooflike long-kapasiteit. ‘n Inspirasie vir enigeen wat hoop om eendag van hul sywieletjies ontslae te raak.

Ag, ek jok sommer. Jy sal (ongelukkig) presies die teenoorgestelde dink. Wat dalk verklaar hoekom - as ek deesdae my mond oopmaak om te praat - mense kriewelrig raak en flouweg begin beduie, asof hulle wil sê: hoor jy daai kar-alarm wat daar afgaan? Dis myne! En hulle dan uit die voete maak.

Jy sien, vir die afgelope maand of wat het ek net een ding op die brein – die Tour de France wat Londen toe kom. Dis ál waaroor ek praat. Soms dwing ek myself om oor iets anders te gesels, soos die weer (wat my terloops binnekort gaan breek, so swak is ek van die vitamien D-tekort), maar hoofsaaklik is dit net Vive La Tour De France! van die oggend tot die aand. Mense verstaan nie. Hulle kan dit eenvoudig nie bymekaar bring nie. Dis soos as Mike Schutte obsessief sou begin praat oor Swan Lake wat vir die eerste keer in Pretoria opgevoer gaan word.

Ek begryp die reaksie. Ek kon byvoorbeeld nooit verstaan hoekom Kobus Burger, wat jare gelede in die WP-span was, laslappiewerk doen nie. Ek verstaan dit nou nog nie. Ek weet nie eens of dit waar is nie! Laslappiewerk!? Dit kan mos nie ‘reg’ wees nie? Die man is dan ‘n rugbyspeler! Ons verhouding, of die een wat sou kon wees, was dadelik gedoem.

Nou bly ek eerder stil en deel my entoesiasme met mense wat belangstel. (Hallo? Waar ís julle?) Met dié stilswye, het ek skielik ongelooflik baie tyd om te dink. Ek wens ek kon dit produktief gebruik, maar nou dink ek net aan een ding. Wel, twee. Die fantastiese feit dat die Tour de France Londen toe kom (hoera!). En dan: dat die reën dit gaan ruïneer.

Maar ek het tog ook bietjie probeer vasstel waar dit vandaan kom - hierdie obsessie wat kamtig nie by my pas nie. En ek sou verkies as ons dit nie 'n obsessie noem nie, maar eerder 'n onwaarskynlike belangstelling.

Vir my gaan dit glad nie oor die tegniese aspek van fietsry nie. Almal wat Tour de France aanhangers is (en nie noodwendig fietsryers nie) sal dit beaam. Al weet Ouma Stienie (92) byvoorbeeld wie die afgelope paar jaar in die geel trui (of soos sy sou seg "maillot jaune") in Parys (Frankryk) geeïndig het, is dit nie waarom sy saans vasgenael voor die hoogtepunte sit nie. Nee, die meeste van ons volg die Tour as gevolg van Phil Liggett. Hy was jare gelede, en is seker steeds, die aanbieder van die hoogtepunte wat ons saans op M-Net kon sien. Hy't fietsry toeganklik en vermaaklik gemaak vir die leek. Die program was 'n mengsel tussen 'n reisjoernaal en 'n sport-uitsending. Daar was eweveel eksentrieke humor as intense drama.

Phil het deur die jare 'n kultus-figuur geword. Ek kan byvoorbeeld nie aan die Tour dink sonder om sy stem te 'hoor' nie. En as jy kyk hoeveel webbladsye vol "Liggetisms" daar is, is ek nie alleen nie:
  • "To wear the yellow jersey is to mingle with the gods of cycling."
  • "He's dancing on his pedals in a most immodest way!"
  • "... his legs have turned to rubber and his effort reduced to mere survival."
  • "It's rather like holding back the flood with a little finger."
  • "He's sitting at the back of the peleton nursing an injury. No word on the specifics of the injury but rumor is he has a boil on the you-know-what."
  • "Ullrich is pumping those two pistons he calls legs."
  • "Marco Pantani has crashed and Alex Zulle has followed him in sympathy."
  • "You can see the fire in Pantani's eyes... If it weren't for the sunglasses you could see the fire in his eyes."

    Deur Phil het ons vertroud geraak met hierdie veeleisendste sport in die wêreld. Met 'n roete van 3,000-4,000km, is dit gelykstaande daaraan om verskeie dae 'n week 'n marathon te hardloop, vir drie weke aaneen. Die vertikale afstand wat hulle oor die Alpe en Pirenees klim, is soos om drie keer Everest te klim. Ons het terloops geleer van die etiket binne so 'n resies. En antwoorde vir essensiële vrae gekry soos hoe eet hulle, hoe verlig hulle 'n nood, en so aan.

    Dis nie asof ek 'n fietsry-sluiper is wat al die statistiek van die ryers uit my kop ken nie. Wat ek wel weet is dat dit 'n groot jaar vir Suid-Afrika is. Dis die eerste keer dat 'n Suid-Afrikaans-geborgde span, Team Barloworld, deelneem, met Robbie Hunter (verjaardag: 22/04/1977; lengte: 179cm; gewig: 72kg; rustende harttempo: 38-42bpm; maksimum harttempo: 192bpm; gunsteling kar: Porsche 911 Carrera), een van die wêreld se beste sprinters, as kaptein. Behalwe Robbie, sal daar moontlik ook 'n tweede Suid-Afrikaner – John Lee Augustyn – in die span wees.

    Robbie was verlede jaar in die span wat Floyd Landis gehelp het om die algehele oorwinning te behaal. (Die oorwinning is terloops hangende, aangesien Landis steeds veg om sy naam skoon te kry na verlede jaar se dwelmskandaal - 'n boek waarin hy sy onskuld aanvoer het pas op die rakke verskyn.)
    Hy was ook die eerste Suid-Afrikaner om aan die Tour deel te neem en dit te voltooi. En hopelik word hy vanjaar die eerste een om 'n skof te wen.

    Die Tour de France is die grootste toeskouersport in die wêreld. Een van die redes, sekerlik, is omdat honderde publisiteits-voertuie (die "caravan") daagliks 'n uur of wat voor die peloton uitry, en bykans 15 miljoen freebies langs die pad uitdeel.

    Londen spandeer baie geld om die openings-naweek (wat bestaan uit 'n kort Prologue, en die eerste skof tussen Londen en Canterbury) die beste ooit te maak – hoofsaaklik as advertensie vir die 2012 Olimpiese Spele. As daar op Saterdag, 7 Julie, minder as 2 miljoen mense langs die Prologue-roete is (waartydens jy elke ryer individueel sal kan sien), sal Ken Livingston dit as 'n mislukking beskou. As ek nie een Suid-Afrikaanse vlag daar sien nie, sal ek dit as 'n godskreiende skande beskou.

    (SA Times, 2 July 2007)
  •