Saturday, October 25, 2008

Chris Chameleon, Halfmoon, Putney


Ek weet dis kinderagtig, maar ek's mal daaroor as iemand vir Chris Chameleon skree: "Ryna, kyk die apies!"

Tuesday, October 21, 2008

Pieter & Majken

Ek het 'n nuwe slideshow van Pieter & Majken se troue gemaak.

Sigur Ros se mense was nie oorstelp van vreugde dat ek hulle musiek vir die oorspronklike slideshow gebruik het nie, maar intussen het ek darem die song wat ek eintlik wou gehad het - een wat Pieter vir Majken geskryf het - in die hande gekry.
Majken het dit vir die eerste keer daardie dag gehoor, toe Pieter, Alida en Mat) dit tydens die onthaal vir haar gespeel het. Cool, né?

Thursday, October 16, 2008

'n Google Doodle vir die Queen


Die Koningin en Prins Philip het vandag Google se hoofkantoor in Londen besoek. Sy's glo baie geïnteresseerd in tegnologie en het, soos 63 miljoen ander mense, haar hol geskeur toe hulle vir haar hierdie YouTube video wys.

Ek dink sy was net agter die gratis sushi aan wat Google elke dag vir hulle werknemers uitdeel. Ek meen, as ek werkloos was sou ek ook elke dag freebies loop en soek het.

Sunday, October 12, 2008

Op 'n skaal van nul tot tien...

... was hierdie naweek seker 'n nege.

Een van my beste vriende het kom kuier; ek het uiteindelik Calexico gesien; en die son het geskyn.

Ek't vermoed ek sou Calexico te sien kry voordat die son weer op Britse bodem sou skyn. Maar toe daag albei op dieselfde dag op.

Ek het 'n paar jaar terug kaartjies gehad vir Calexico en die ultimate Beardy Weirdy, Iron & Wine, maar kon toe nie gaan nie. Ek het die kaartjies op eBay verkoop en kon amper my trip SA toe bekostig met die wins wat ek onverwags gemaak het. 'Onverwags', want ek het op daardie stadium gedink albei bands is redelik onbekend.
Ek vermoed Iron & Wine was toe die groot trekpleister, want hierdie naweek se konsert was nie uitverkoop nie. Onverklaarbaar. Ek dink dis genius.
(Die feit dat ek, weens probleme met die tube, eers 3-uur die oggend by die huis gekom het, was minder aangenaam.)

Behalwe vir James in Desember het ek nie eintlik nog gigs op my agenda gehad nie, maar toe sien ek The Jesus and Mary Chain speel oor 'n paar weke by die Forum. As ek EEN persoon kan opspoor wat hulle ken, sal dit cool wees om te gaan. Dis een van daai bands, soos Echo and the Bunnymen en Morrissey, waarna ek op skool geluister het, min wetend dat ek eendag die geleentheid sou kry om hulle live te sien. Dis natuurlik wat Londen great maak.

Friday, October 03, 2008