Bene op platform - dis al.
Saturday, January 31, 2009
Dag 29 - Happy hour vandag. Hoofpyn more.
Maar dit was die moeite werd. Wag nou weer in spanning om te sien watter dronk foto's facebook haal.
Wednesday, January 28, 2009
Dag 28 - Morden tube 9vm
Jy kan 'n paar goed uit hierdie foto aflei: dat ek eers 10vm by die werk gaan aankom, en dat as jy in die grootste gerief op die tube wil reis, jy in zone 4 moet bly.
Monday, January 26, 2009
Dag 26 - Interessante tye
Dag 25 - ons 0.15 sekondes van roem
Ek en Werner Z en Patrick was gisteraand vir ten minste 1 sekond op TV (heel bo, links), en niemand het vandag my handtekening gevra nie. Ek dink ek sal maar, soos Charlize, my heil in Amerika moet gaan soek.
Sunday, January 25, 2009
Saturday, January 24, 2009
Dag 23 - 2000 ure
As ek nie op die tube gelees het of na ander mense gestaar het nie, sou ek al vir ongeveer 2000 ure (ten minste) na hierdie patroon moes kyk.
Ek het eenkeer gelees hoe iemand gehardloop het vir 'n oop sitplek. 'n Paar minute later, net toe hy begin wonder hoekom niemand anders daar gaan sit het nie, toe voel hy iets nats deur sy broek, en besef toe die persoon wat voor hom daar gesit het se blaas het hom in die steek gelaat. Sedertdien was ek nog altyd senuweeagtig voor ek gaan sit. Maar dis soos 'n lottery - jy weet nooit wanneer dit jou beurt is nie.

Friday, January 23, 2009
Dag 22 - Donderdagaand Pret
Vriende het kaartjies vir vandeesweek (daar's 'n woord wat ek lanklaas gebruik het!) se opname van die Sunday Night Project gekry. Ek moes hierdie foto superskelm neem, want die sekuriteitsouens was vrek groot. Jy kan nie veel sien nie, maar nou weet jy wie Sondagaand se gas is. Nie dat dit gewoonlik 'n geheim is nie. Of is dit? Ek weet nie. Ek het eintlik nog nooit die show gekyk nie. Maar Alan Carr en Justin Lee Collins is albei geweldig snaaks. En Anne Robinson het lekker saamgespeel. Tina Malone van Shameless was ook een van die gaste, en sy's altyd komieklik. Maar Michelle Heaton was pateties. Of dronk. Of beide.
Thursday, January 22, 2009
Dag 21 - Moet asseblief nie dink nie
Net nog 'n voorbeeld van hoe alles vir 'n mens voorgese word. Maar ek het alreeds voorheen daaroor gemoan.
Subscribe to:
Posts (Atom)