... was hierdie naweek seker 'n nege.
Een van my beste vriende het kom kuier; ek het uiteindelik Calexico gesien; en die son het geskyn.
Ek't vermoed ek sou Calexico te sien kry voordat die son weer op Britse bodem sou skyn. Maar toe daag albei op dieselfde dag op.
Ek het 'n paar jaar terug kaartjies gehad vir Calexico en die ultimate Beardy Weirdy, Iron & Wine, maar kon toe nie gaan nie. Ek het die kaartjies op eBay verkoop en kon amper my trip SA toe bekostig met die wins wat ek onverwags gemaak het. 'Onverwags', want ek het op daardie stadium gedink albei bands is redelik onbekend.
Ek vermoed Iron & Wine was toe die groot trekpleister, want hierdie naweek se konsert was nie uitverkoop nie. Onverklaarbaar. Ek dink dis genius.
(Die feit dat ek, weens probleme met die tube, eers 3-uur die oggend by die huis gekom het, was minder aangenaam.)
Behalwe vir James in Desember het ek nie eintlik nog gigs op my agenda gehad nie, maar toe sien ek The Jesus and Mary Chain speel oor 'n paar weke by die Forum. As ek EEN persoon kan opspoor wat hulle ken, sal dit cool wees om te gaan. Dis een van daai bands, soos Echo and the Bunnymen en Morrissey, waarna ek op skool geluister het, min wetend dat ek eendag die geleentheid sou kry om hulle live te sien. Dis natuurlik wat Londen great maak.
Showing posts with label gigs. Show all posts
Showing posts with label gigs. Show all posts
Sunday, October 12, 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)