Tuesday, May 01, 2007

Party Frouens het meer Issues as Ander

Dis nie algemene kennis nie, maar ek het (lank gelede) een Saterdagmiddag hier in Engeland vir Dozi ge-stalk. Dit was nadat ek hom die eerste keer hoor sing het - spesifiek die Zoeloe-weergawe van Jantjie kom huis toe.
Ek was geweldig homesick daai tyd, en ek dink hy het eenvoudig op daardie oomblik alles voorgestel wat ek van Suid-Afrika gemis het.
Sedertdien dink ek nog altyd hy's cool. En niemand kon my anders oortuig nie.

Dis nou tot ek hierdie berig gelees het. Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar Dozi het glo die volgende vir een of ander flerrie op 'n plakaat geskryf: "Liewe, liewe, liewe Zonique. Jy mag maar my meisie wees, en dan later my Frou (sic)."

En nét daar verander my opinie oor hom. Hoe absoluut ongelooflik teleurstellend. In hierdie twee sinne, doen hy net mooi NIKS reg nie.
Dit het my laat dink aan my eerste verhouding wat gesneuwel het nog voor dit begin het.
Een Dinsdag by Kinderkrans het 'n seuntjie 'n brief in my hand gestop en gesê dis van 'n ander seuntjie, wat toevallig al die vorige naweek by kleureatletiek laat weet het wat sy intensies is. So ek het geweet wat daarin staan, maar het gewag tot ons terug was by die koshuis voor ek die brief eenkant gaan lees het. Dit was baie opwindend, natuurlik. Alles was perfek. Die papier het hy vermoedelik uit 'n skryfblok van sy suster gesteel, en die spray by sy pa.
Maar, ai. Die eerste sin. Waarin hy my vra om te 'case'.
'Case'?!
Hoekom ek? dag ek. Ek meen, hoekom moes dit SO met my gebeur? Hoe moeilik is dit om kys te spel? Of hoekom kon ek die relatief klein oortreding nie oorsien nie?
Ag, dis beter so. As dit uitgewerk het, was ek dalk nou 'n enkelmoeder iewers op die platteland, wat moes spaar vir my eersteling se Matriekafskeidsrok.

Maar, om terug te kom by Dozi. Ek (en die liewe, liewe, liewe Zonique) is nie die enigstes wat al agter hom aangeloop het nie.
Ons vriend Kobus het ook een aand na 'n konsert in Bloemfontein vir Dozi by die bar opgesoek.
Dozi, seg hy, ek laaik jou musiek baie. Kan ek in jou band speel?
Watse instrument speel jy? vra Dozi.
Blokfluit, sê Kobus.
O, sê Dozi. En watse songs ken jy?
Kom alle getroues, sê Kobus. En daai liedjie van die perd.

Wednesday, April 18, 2007

Jedzcie, pijcie i popuszczajcie pasa

Oftewel: Eet, drink en maak los jou belt, soos die Pole sou seg, want deesdae het hulle selfs hul eie rak in al wat 'n supermark is.
(En ons was opgewonde om rooibostee en Mrs Balls in 'n winkel te sien.)



Met die kan niemand meer die massiewe Poolse immigrasie ontken nie. Toe die advertensies vir Poolse produkte 'n paar jaar gelede begin verskyn het, het mense (Britte, meen ek) dikwels die "Polish" verwysing op advertensieborde buite winkels met skoenpolitoer verwar. ("Wat bedoel hulle met Skoenpolitoer Kafee binne?") Lankal nie meer nie. Deesdae is die Pole amper soos die VK se vyfde nasie. Hulle is so gretig om te integreer, dat hulle selfs onlangs hulle eie tartan in Skotland gekry het. En dit sal seker ook nie lank wees voor die Britte gaan maak of hulle self beetsop uitgedink het nie.

Ingelegde Poolse kos word al lankal in kafees verkoop, maar niemand (behalwe Pole) het 'n idee gehad wat dit is nie. Die worsies, ja. Die's ons al moeg voor. Maar ons het by die ingelegde bottels verbygehou. Die prentjies lyk meestal soos afval, sien. So jy kan nie daarop gaan nie. Maar nou dat dit in Sainsbury's te koop is, het alles vertalings by. Dit IS, blyk dit, meestal afval. Maar dit het mooi, aptytlike, name soos Hunter's stew, en so.

Die Britte was aanvanklik bang vir al die immigrante. Nou, vermoed ek, weet hulle nie hoe hulle voorheen sonder hulle klaargekom het nie.

120A

Hier's (ongeveer 80% van) die mense saam met wie ons die afgelope paar jaar 'n huis gedeel het.
Sommige was net daar vir twee weke. Ander vir twee jaar.



Vlnr: Andre, Janine, Audrey, John, Christiaan, Conrad, John, Werner Z., Christiaan, Ella, Janine, Helen, Lauren, Greg, Lisette, Sarah, Jason, Steve, Michelle, Tania, ek, Werrie, Tamara, Werner Z., Yolandie, Flippie, Werner Z., Anne (wat nie daar gebly het nie, maar wel baie op die bank geslaap het), Alice, Greg, John, Wium, ek, Greg, Corey, Anne, Tamara, Steve, Michelle, Tim, ek, Werner, Stephan, Werrie, Andre, Audrey, Tamara, John, Greg, Shane, Helen, Brad, Nadine, Christiaan, Janine, ek, Andre, Stephan, Werrie.

Ons boor vooruit

Ons deelhuis-dae is mos nou uiteindelik iets van die verlede. Dit gaan baie goed in die nuwe plek. Ons het 'interessante' bure. En selfs 'n spit om goeters op te braai. Kyk:



Monday, April 16, 2007

Vat jou shots soos 'n prins

Ek het 'n jaar of wat gelede een Saterdagmiddag vir 'n vriend van ons die restaurant gaan wys waar Werner werk. Ons was lekker flou, want ons het heeldag in die stad rondgeloop. (Ag, ek's eintlik permanent lewensmoeg. Maar mense wil altyd redes hê.) Elk geval, net voor ons weer daar weg is, het die barman vir ons sy signature drink, Crackshot Baby, gegee. Of Crack Baby shot. Ek kan nie die naam onthou nie. Ek onthou wel die nul-tot-honderd-in-30-sekondes effek daarvan. Want in plaas daarvan om huistoe te gaan en te gaan slaap, was ons dadelik ongelooflik lus vir 'n verskriklike partytjie.

Die barman werk deesdae by Boujis, 'n klub waar die jong prinse graag uithang. Die dag waarop hierdie storie in al die koerante was, kry ons hom toevallig in die stad en, ja, dis hy wat vir die gemors verantwoordelik was.

Die koerante was gaaf genoeg om die resep te publiseer. Probeer dit gerus by die huis, maats: vodka, passion fruit, Chambord en champagne.

Monday, February 26, 2007

Byskrif by ‘n Bruidspaar van die Jaar foto in Die Burger

Sy sê: My liefde, my lewe, my jy. Wat jy vir my doen, is wat ek altyd wou hê. Liefde, vreugde, ’n eenheid van twee. Hy sê: Waarom eet, drink en leef ’n mens? Want anders gaan jy dood van honger, dors en eensaamheid. My bord is vol, my beker loop oor en my hart prut van liefde.

As jy hier na hulle foto kyk (nr 3), kan jy aan die gepynigde uitdrukking op "my jy" se gesig sien, dat 'n hart wat van liefde prut nie noodwendig 'n aangename ervaring is nie.

Moenie vra nie

Daar's 'n groot moontlikheid dat julle gaan begin dink ek's die SA Times se deelhuis-korrespondent as ek nog een storie oor die onderwerp skryf. Maar ek is al erger dinge genoem, so ek gebruik graag die geleentheid om vir oulaas iets daaroor te sê.

Ek en Werner het albei vir minstens ses jaar in deelhuise gebly. Ons het selfs op verskillende tye in dieselfde huis gebly, en uiteindelik ook daar ontmoet. As alles volgens plan verloop gaan ons binnekort uittrek, wat beteken die einde van 'n era het aangebreek. Noodwendig dink ek nou oor wat, indien enigiets, ek in die tydperk geleer het – soos wat 'n mens maar doen voor die volgende fase aanbreek. Ek het dit gedoen toe ek my Mary Jane-skoene en bobby socks vir oulaas uitgetrek het aan die einde van my kleuterskool-loopbaan. Weer op my laaste dag in die laerskool. Aan die einde van matriek. Na my laaste her op universiteit. En nou.

Een ding wat 'n mens gou in deelhuise agterkom, en seker ewe vinnig vergeet as jy eers daar uit is, is dat ons op 'n sekere, eienaardige manier met mekaar kommunikeer en dat retoriese vrae spesifiek 'n groot rol daarin speel. Dis nie iets wat 'n geweldige indruk op enigiemand hoef te maak nie, en iets wat my sekerlik sou ontgaan as die volgende insident my nie daaroor laat dink het nie:

In my vorige rubriek (SA Times, 7 Februarie) het ek reageer op 'n berig wat uitsluitlik oor die slegte gedrag van jong Suid-Afrikaners gehandel het. Ek het onder andere gewonder: "… wie is hierdie Charl Vinger-op-die-Pols van Rooyen wat hom met soveel gesag oor die jong Suid-Afrikaners uitlaat?"

Dit was, volgens my, eintlik 'n retoriese vraag. Maar toe kontak Charl my nou die dag, en sê: "Ék is Charl van Rooyen. Maar wie is jy?" Hy het glo vir Valentynsdag 'n uitknipsel van die rubriek, tesame met die boodskap "Iemand hou van jou" in die pos gekry.

Nadat ons toe 'n bietjie familie uitgelê het, vra hy of die kwetsende aanmerkings wat ek oor hom gemaak het regtig nodig was. Dít was natuurlik ook 'n retoriese vraag, want ons weet mos dit was, streng gesproke, onnodig. En dit is presies wat ek toe erken. "Dit was onnodig", sê ek. "Ek erken dit." Want ek het mos eintlik 'n probleem met die eensydige beriggewing gehad. Ek is jammer dit het aanstoot gegee, sê ek toe, maar dis 'n rubriek – mense kan seerkry.

Dis ongeveer toe (dink ek) wat ek begin wonder oor die rol wat retoriese vrae in ons lewens speel. Enigiemand wat al deur hulle werk op 'n Persoonlike Ontwikkeling Deel 1 (Kommunikasievaardighede) kursus gestuur is, behoort te weet dis nie altyd goeie kommunikasie om retoriese vrae te vra nie. Natuurlik wil jy nie altyd 'n antwoord hê nie, maar retoriese vrae beteken dikwels jy insinueer goed wat mense verkeerd kan opvryf - selfs, of veral, as dit waar is. Dis beter om vrae te vra wat antwoorde verg. Dis die volwasse ding om te doen.

Deelhuis-gesprekke floreer op retoriese vrae. In ander omstandighede gebruik mense soms post-it notes om hul griewe te lug. Maar retoriese vrae is meer subtiel. Ek bespreek graag 'n paar van die gewildstes, asook die antwoorde wat mense daarop sou kon gee (as dit nie implisiet was nie):
  • Wie se skottelgoed is die?

Ek weet dat jy nie regtig omgee wie s'n dit is nie. Jy wil net duidelik maak dat dit nie joune is nie. Wel, ek het die pan gebruik, maar dit behoort nie aan my nie. Dis tog óns pan. En ek sou dit gewas het, maar iemand het 'n vuil mes daarin gesit, en ek kan fisies nie die pan was voordat die mes nie verdwyn nie.
  • Kan ek van jou melk leen?

Jy't klaar die prop afgehaal - verwag jy regtig 'n nee vir 'n antwoord? As ek nie hier gesit het nie, sou jy dit in elk geval gebruik het. En dis nie asof jy dit gaan truggee nie, so hoekom wil jy daarvan "leen". Hoekom vra jy nie of jy daarvan kan "kry" nie? Whatever. Help jouself. Ek gebruik in elk geval altyd jou melk vir my Weet-Bix.
  • Moet ons die heeltyd Scrubs kyk?

Natuurlik nie. Maar niemand anders stel belang in 'n storie waarin moordlustige tamaties die wêreld probeer oorneem nie.
  • Sal een van julle 'n slag die vullissakke uitdra?

Een van ons? Jy bedoel seker een van hulle? Ek's seker een van hulle sal, eendag. En daarna is dit weer jou beurt.
  • Het iemand daai bier gesien wat in die yskas was?

Watter bier? Na die sesde een kan ek regtig nie meer onthou wát ek gesien het nie.
  • Is dit soveel moeite om 'n leë toiletrol in die drom te gooi?

Dis minder moeite (en aangenamer) om 'n dubbeldekkerbus wat 370 kilometer op 'n stofpad gery het skoon te lek as om 'n toiletrol om te ruil. Hoekom vra jy?

Ten spyte van al die blootstelling wat deelhuis-bewoners daaraan kry, is dit soms steeds verwarrend om tussen regte en retoriese vrae te onderskei.

Ons het saam met 'n ou gebly wat nooit 'n moordkuil van sy hart gemaak het nie. Hy't verplig gevoel om al sy begeertes en (tot ons spyt) behoeftes met die wêreld te deel. As hy die toilet wou gebruik, moes dit onmiddellik beskikbaar wees – en die hele E17 het gewoonlik geweet wat hy binne die volgende vyf minute móés doen. Dit kan natuurlik 'n probleem afgee as daar net een toilet in die huis is. Eendag het hy weer 'n dringende behoefte gekry terwyl die badkamer beset was. Hy't op en af met die trappe loop en swets, en gesug, en gesweet, en elke paar minute met sy vuis teen die badkamerdeur gehamer.
Hoe lank nog? het hy gebulder. En: Waddehel maak jy daarbinne? En toe, desperaat: Wank jy?
Waarop die seun in die badkamer (gedagtig aan sy meisie se toorn) benoud geantwoord het: Moenie vir Sandra sê nie!

Die vraag waarmee ek steeds sukkel, is menige Brit se gunsteling: You alright?
Waar sal ek begin? dink ek altyd. Maar voor ek kan antwoord, is hulle klaar om die draai, besig om na iemand anders se welstand te verneem. Hoe lank, wonder ek dan, gaan ek nog daarvoor val?

(SA Times, Feb 2007)

Monday, February 19, 2007

Hulle is nie almal so nie (deel 2)

Hierdie storie het 'n bietjie gesuig. In 'n poging om dit meer leesbaar te maak, het ek dit (mbv 'n translation tool) van Nederlands na Engels vertaal, en toe weer van Engels na Nederlands. As daar enigiets in is wat enigiemand enigsins aanstoot gee is dit die tool se skuld, nie myne nie. (PS: Die translation tool werk nie vir Frans 178 opstelle nie - vir die wat dit oorweeg het.)

Lekker lees.


In mijn vorige rubriek reageert ek aan n berig deur Joylene van Wyk wat uitsluitlik oor dat slegte het gedrag van jonge suid-Afrikaners uitwisselt. Ek het onder andere meer gewonde: ... wie zijn hierdie Charl Vinger-op-die-Pols van Rooyen wat hom met soveel gesag oor dat jonge suid-Afrikaners uitdrukt? Dit was eintlik n retoriese vraag. Maar kontak Charl mijn nou die dag, en sê: EK is Charl van Rooyen. Maar wie jy zijn? Omdat blykbaar hy vir Valentynsdag ' n uitknipsel van die rubriek, tesame met ' n en die boodskap "iemand hou van u" wie gekry pos toenam. Ek wilde nog spog met reeds mijn geskenke, maar hy gewild eintlik precies weet of dat vexatious noodzakelijke commentaar regtig was. Nr, sê ek, nie regtig nie. Ek het mos eintlik n probleem heeft met die eensydige het beriggewing, zodat die stekies in sy het rigting seker was oordoen. Maar dis n rubriek - mense zijn mogelijke seerkry. Van dat voorstel is wat zich ek met graagte terugtrekt dat hy saans voor ncampfire het dansen terwyl hy de lade Rey zingt. Verder ek meer gewonde hoe al die media in SA skielik door hom uitgekom het. Hy het beslist nie zelf die storie geskep nie promosie vir doen sy nuwe besigheid, en deze daarna voor enigsins bij verwys onnodig was. (Die storie het begin door n onderwyseres wat van sy het binnen gebly. deelhuise) Maar die paragraaf wat dalk, volgens hom, die het grootste deel van potensiële skade aan sy mogelijke naaminstallatie waren, die volgende waren: de "as dit ek was, sou hulle gedrag de as ek byvoorbeeld (illegitimately) kamers mijn van alleenlikgepla aan hulleonderverhuring het, en hulle nie hulle betaalt het huren nie, wat gevolglik toen mijn planne voor, seg maar `n safari besigheid op dat been bij sou beduiwel het." brengt Scenario van Hierdie was natuurlik dat produk van ' verbeelding-snel n, maar toevallig het die besigheid welke Charl hier, echter, blyplek aan ' de suid-Afrikaners van nmagdom regoor het Verenigd Koninkrijk verskaf heeft. Natuurlik was mogelijk aan ek nie insinueert dat hy illegitimate de onderverhuring huise, as ek nie eens geweet het dat zo er n besigheid nie bestaat, of wat die sy met die onderskeie begrijpen eienaars nie waren. Die eienaars zijn over het algemeen bewus van het dat hulle onderverhuring worden, maar gee nie voor nie huise. Wat ek, echter, nou weet is dat dit n taamlike indrukwekkende besigheid was. Policewoman van Hy't selfs in suid-Afrika heeft wat mense vir die gewerf het deelhuise. Die besighede waarby hy betrokke was het daarom gaat het n volledige pakket aan jongmense verskaf wat wilde op werkvakansies: van visa aan verblyf. Maar Jy is mogelijke sê hulle het die kinders waardoor rokspante losgemaak, en veilige E17 (of waarookal) aflaai ga. Soos Charl van Mense doen jonge suid-Afrikaners n vreselijke kanonnen. De kom Londen van Hulle, dadelik ' n blyplek met al moontlike geriewe, welke huren bekostigbaar is, hulle betaalt ' n over het algemeen kleine deposito, en hulle teken nie n kontrak nie. Maar de as of andere één een snuiter die sitkamerstel gebruik voor brand ervaar bij, zijn dit die persoon wat, echter, die kontrak het Seprobleem geteken. En as die hy nie sy betaalt nie is mogelijke jy hom uitskop de huurt en u skade berekent, of jy zijn mogelijke wag en hopen dat hy mogelijk zout betaal. Ongeag hoe jy daarna kyk, dis het infernal frustreren, en iets waarmee Charl vermoedelik goed wordt bekend. Het paar van Hoekom wie kinders soms zo? Dalk is al dit precies bij maklik. Het land van Hulle verzakt zo hier, deze aanbieding nauwelijks nie aan geen uitdaging. Is deze ook nie onze eie skuld as onze ruimten skep waar skoolverlaters in monsters mogelijke verandering nie zijn? ' het nhuis is soos ' n biggetje broer-Omgewing. Grootmense is mogelijk dit regkry nie want beskaafd bij bly dopgehou van de terwyl hulle 24-uur ' n dag nie, hoekom verwag ons dit van ' kinders van de nschoen, sonder toesig wordt? Ag, en daar altydn gekerm oor die daling van christelikewaarden. Daar nêrens in die Bybel die jy nie me soms bevind, kan soos ' n dominee op Stellenbosch een tijd gesê het, van ' de stapeln wankelende greep van de nlamp maken nie. (Eintlik is mogelijke ek nie van regtig die konteks onthou waarin hy dit gebruik nie, siende dat ek die de vorige aand ' n wankelende greep van ' de stapel van de nlamp moes. maakt) ' het jaar van het npaar gelede ek ' n storie geskryf in welke ek van gekyk het na die - en nadele welke skoolverlatersinhou van Londen vir. Die mense waarmee ek taamlik sprak was verdeeld, maar ek van dink vandag zout waarvan het grootste deel van sê dis verbeteren eert om te gaan swot. Het naakte omdat nou aansienlik meer kompetisievir ongeskoolde arbeid er zijn en mensen precies vir n jaar op die werksvakansievisum kan werken. Maar ek van dink van welk jaar gelede gesê het geld altijd Neels viert: Ek van dink dit is naïef aan dink hij wat hier rondlê of sou van het daggagebruik dit nie waardoor nie huisvest. Ek vir meer as viert jaar in deelhuise saam gebly met baieskoolverlaters. Deze waren over het algemeen mense wat die luukse gegun voor dat weg byster ook huis waren, wat dit, echter, - mense gedoen welke sê ` ek mogelijke môre door mijn pa in ' de stap van het nwerk.' is Die ou die Se pa 10 van sy stoetbeeste moes verkoop, natuurlik n andere één houding. Hy't ook opgemerk dat met die regte waarden en ` n goeie netwerk steunen, waardevolle de ooi van Londen is mogelijk weesas vroeër jare Se diensplig. Dis n tyd waar ouens hulle bietjie kan gaan zakt en grenzen is het mogelijke zout van het test` n kind vestigt ondersoek, maar Reg. van as sy waarden is omhoog, zout hy sterker op dat ander één zijeind. Kunnen jonge mensesoos van Londen vir van de as wat leger is, dan mensen seker sê Charl van Rooyen het n- tipe bomkok opgedoen. Nou van Hy't heeft genoeg van mense wat hulle grense bij de terugkeer van de homtest, en om deze reden hy suid-Afrika. Ek van dink dis tragies dat iemand hier met zo n negatiewe advies van sy eie landsgenote weggaat. Veral omdat ek van welke ervaring teen-oor-gezette het. Ek simpatie met syervaring, maar ek voelt ook hy't dit oor homself gebring. De as hy nie iets van dat gekry nie, sou hy dit TOG nie zo lank vir gedoen nie. Ek van wens hom alle sukses met sy nuwe besigheid in die bos. Dit lyk na ' n keurig vlek (waar, volgens ' n byskrif langs van die foto, selfs die vrouens van dit baie geniet). Ek van hoop ook die bij spyte van al die gemors wat die mense in sy aangevang het huise, sy ambisie het npaar van hullezout inspireert.

Saturday, February 17, 2007