Monday, August 20, 2007

122 Leadenhall Street

122 Leadenhall Street
The P&O tower in Leadenhall Street is being demolished from the ground up, as the floors are hung from a beam at the roof level which is supported by the core. It will be replaced by a futuristic Richard Rogers building, dubbed the Cheese Grater.

Thursday, August 09, 2007

Oor klippe en glashuise

[Hierdie is n bogstorie van epiese proporsies. Ek pleit sonsteek.]

Ek wil ’n waarskuwing wat Voetstoots van Tonder vroeër vanjaar in hierdie koerant geopper het herhaal: moet op prinse nie vertrou nie. As jy ’n held wil hê, laat dit verkieslik ’n fiktiewe een wees, soos (in Voetstoots se geval) Fritz Deelman of (in myne) Pippie Langkous.

Die ding is, almal probeer jou om elke hoek en draai bevark. Die een oomblik ry jy nog sewe dae te perd, met vier ham-en-kaas toebies en ’n paar hardgekookte eiers, agter jou gunsteling span of speler aan; die volgende oomblik hoor jy die ware verhaal en moet jy druipstert huis toe ry met die wete dat jou kosbare belegging van tyd en emosies minder werd is as ’n Zimbabwiese dollar.

Vir die meeste Suid-Afrikaners is die voorbeeld wat uitstaan bo alle ander die dag toe Hansie sy "oë van Jesus afgehaal" het. Maar die afgelope week alleen was daar die storie met die tennis, waarin dit uit ongereelde weddenskapspatrone geblyk het asof sekere inligting oor ’n tennisspeler se mediese toestand, en gevolglik die waarskynlike uitslag van die wedstryd, voor die tyd versprei is.
Die speler was vermoedelik nie self betrokke nie, maar – en dis die belangrike deel – dis 'n moontlikheid. En iewers in die land moet ’n jong seuntjie nou sy Huisgenoot-plakate van Davydenko van die mure afruk.

Die verneukspul is natuurlik nie beperk tot sport nie. In Julie het ons gehoor hoe mense deur die BBC, ITV, Channel 4 en Five se radio en TV-inbelprogramme mislei is. Dan was daar die dokumentêre programme waarin sekere insidente vir dramatiese effek omgedraai is, of selfs opgemaak is.

Die waarheid het natuurlik nog nooit in die pad van ’n goeie storie gestaan nie. In ’n dokumentêr wat destyds oor Suid-Afrikaners in Londen gemaak is, is Elzabet gevra of sy al dagga gerook het.
"Moenie hierdie uitsaai nie," seg sy toe, "maar ja, ek het al dagga gerook. Een keer in Amsterdam."
Dit is geredigeer tot: "Ek het al dagga gerook."
Die effek was baie beter, natuurlik. Maar die skokgolwe wat deur haar klein tuisdorpie getrek het is legendaries – en die dominee se kinders het ook nog nie weer aangebied om vir haar ’n pakkie van haar ma te bring nie.

Geen van die bogenoemde insidente het my werklik in my siel geruk nie. Maar ek moet erken dat dit wat jaarliks in die Tour de France ontbloot word altyd ’n bietjie van ’n gatslag is.

Ek sal nooit ophou om die Tour te kyk nie. Solank as wat ek Sky+ het en die mense vir wie ek skree (Juan Mauricio en Robbie Hunter) "skoon" is, is dit die beste, skou-spelagtigste, eksentriekste sport op aarde.

Maar as jy vir ’n dag lank saam met derduisende mense vir iemand soos Vinokourov skree omdat hy met knieë wat aan steke hang soos ’n stoomtrein (geborg deur Kazakhstan Railway) verby sy opponente storm en ’n skof wen, in die geloof dat jy een van die ongelooflikste voorbeelde van vasberadenheid aanskou het, net om later te hoor hy’s kort daarna gediskwalifiseer is vir die gebruik van opkikkers, dan voel ’n mens tydelik ontnugter.

Ek is nie Vino se grootste aanhanger nie – hy sal immers nooit die podium haal in die Meneer Joviaal-kompetisie nie – maar mens moet respek hê vir sy vermoëns. Nou (as ons dramaties wil wees), hang daar deur sy eie waansin ’n wolk van suspisie oor sy hele loopbaan.

Ons almal vat kanse, dis net of jy daarmee kan wegkom wat saakmaak – as die hulpmiddels wat jy gebruik ’n stappie voor die toetse is. Wie, inderdaad, het nog nie vir ’n ander ’n vuilstreep getrek om self voor te kom nie?
Ek het in Standard 2 my beste vriendin se breipen gevat, want die kwaaiste juffrou in die skool sou my sweerlik onthoof as ek sou bieg dat ek een van myne verloor het. Maar toe, in my plek, rol my vriendin se kop.
Ek sal nooit die kyk in haar verwarde blou oë vergeet terwyl sy na my twee breipenne staar wat glad nie bymekaar pas nie.

Daar geld natuurlik verskillende toetse vir verskillende mense. Dis goed en wel dat JK Rowling vir Star Wars en Lord of the Rings naboots, en sy mag espressos drink tot die son opkom om haar volgende deadline te haal, maar kaffeine is eers sedert onlangs ’n wettige hulpmiddel in fietsry.

In sekere sporte mag jy ook meer hulpmiddels gebruik as in ander. En in die meeste is daar nie naastenby soveel toetse soos in fietsry nie. Gevolglik is dit dalk een van die skoner sporte – wie weet.

Die gebruik van opkikkers in die Tour de France bestaan al ongeveer sedert die begin van die resies ’n eeu gelede.
Vroeër was dit vermoedelik meer om die pyn te verdoof as enigiets anders, want destyds moes hulle dikwels langer roetes (ongeveer 2500km) oor ’n korter periode (in ses skofte, sommige deur die nag) in een rat aandurf.
In die vroeë 1900's was die hele resies soos iets uit ’n Wile E Cayote en Road Runner cartoon: die bewonderaars het spykers gelos in die pad van hul gunstelinge se teenstanders; baie van die deelnemers het vir ’n deel van die roete op ’n trein gespring of geryloop; en teenstanders het mekaar probeer vergiftig.

Toe dinge te erg raak, wou die organiseerders die resies kanselleer, maar hulle besluit toe eerder om die reëls strenger te maak.

Die roete was later 5 500km lank, met talle nagskofte. Ryers mag nie hulp ontvang het om wiele om te ruil of fietse reg te maak nie. Hulle moes so te sê met drade en stokke wat hulle in die veld opgetel het hulle eie fietse regmaak. Hulle kon eers in die laat 30's fietse met ratte begin gebruik. Stel jouself bietjie voor hoe jy by die Alpe opry met ’n plaasfiets.

Die eise wat aan die ryers gestel is, was geweldig – nie net deur die roete nie, maar ook deur borge en bestuurders. En dit het indirek daartoe gelei dat die Britse ryer, Tom Simpson, in 1967 op Mont Ventoux beswyk het. Deels aan hitte-uitputting, maar ook aan ’n dodelik kombinasie van amfetamines en alkohol.

Dit is toe wat die toetsery in fietsry begin het. En sedertdien word daar onverpoosd vir ’n skoner Tour de France baklei.

So, vir enigeen van julle (belastingontduikers, roofkopie-besitters of straatnaamdiewe) wat iets te sê het oor die sogenaamde "Tour de Farce" – speak to the hand.

(SA Times, 8 Aug.)

Saturday, August 04, 2007

Cyanide and Happiness

A view to kill

Iemand het die volgende uittreksel uit Rupert Everett se outobiografie vir een van my kollegas gestuur. As ek 180 grade op my kantoorstoel spin, kyk ek vas in die pub waarna hy verwys (gevolglik probeer ek eerder 360 grade spin):

"There is a grim area of London called Swiss Cottage. In the late seventies it was a kind of dividing line between the centre of the city and its surrounding suburbs. Now it is more or less part of the West End . Its high street is the Finchley Road , which at some point became the main exit from the city to the north, and so Swiss Cottage was cut in half by two dangerous torrents of traffic that left a marooned island in the middle, which was occupied by the Swiss Cottage pub, a rambling mock chalet complete with window boxes, gingham curtains, oak beams and fake chimneys, a gloomy landmark for Londoners returning from the weekend. Its twinkly lamps of fake cheer rise above the flow of tail lights on a Sunday night, and remind one of empty flats, lonely old ladies and imminent death."

Nie geskik vir Harry Potter fans nie

As jy ook nie die boek gaan lees nie, maar wil weet hoe dit eindig, kliek hier.

Ek hoop nie een of anner laaitie in Amerika google "Harry Potter fans" en kom hier uit nie.

Thursday, July 19, 2007

Hoeraaaaaaaaa!

Tour de France 2007, Prologue
Robbie Hunter het vandag die 11e skof van die Tour de France in Montpellier gewen - dis sy (asook Suid-Afrika) se eerste skof-oorwinning, en Barloworld se tweede.
Vermoedelik gaan hy ook die eerste Suid-Afrikaner wees wat die Groen Trui wen.

Ek weet nie hoeveel generasies van Suid-Afrikaners het gedink soiets is onmoontlik nie, maar vandag het alles verander.


[3 Aug: Robbie het toe net-net nie die groen trui gewen nie, maar Team Barloworld het oor die algemeen 'n ongelooflike Tour gehad deur 2 skofte asook die King of the Mountains trui te wen. Juan Mauricio Soler is sekerlik die span se groot hoop om in die toekoms die algehele oorwinning te behaal, en niks sal my gelukkiger maak nie. Hy lyk uiters komieklik op 'n fiets (asof daar 'n afleweringsmandjie voor op sy fiets behoort te wees, volgens een kommentator) en hy's bitterlik skaam, maar bowenal lyk dit of hy meer verras is met sy prestasies as die res van ons.]

Tuesday, July 17, 2007

Team Barloworld

Tour de France 2007, Prologue
Juan Mauricio Soler van Barloworld het vandag die 9de skof in die Alpe gewen. Hy's ook tans tweede in die King of the Mountain klassifikasie en, saam met 'n ander Barloworld-ryer, onder die top 5 ryers onder 25.
Robbie Hunter is steeds derde in die punte-afdeling - wat beteken hy't 'n goeie kans om die groen trui te wen.

Wednesday, July 11, 2007

Tour de France 2007, Stage 1 - London to Canterbury

Tour de France 2007, Stage 1
Robbie Hunter se span voor die Millennium Wheel. Ek het gehoop dis hy in die middel, maar nadat ek al die scars op sy knieë met dié ou s'n vergelyk het, moet ek aanvaar dis iemand anners.

Kyk hier na al die foto's van Team Barloworld.

Monday, July 09, 2007

Allez Tour de France!

You would have had a hard time deciding what to do this past weekend, what with Wimbledon, Live Earth, the British Grand Prix, Henley Regatta and the Tour de France all happening in or near London.
Being spoilt for choice is, of course, what makes this city great. And even though it can take me an hour to decide which cereal to buy, the choice for me this weekend was an easy one. It couldn’t have been anything but the Tour de France. I’ve been watching it on TV for years and, as some of you may know, once you’ve watched a Tour on TV, you’re hooked. It’s probably a good way of learning what it’s all about, but to then experience it in real life, on our doorstep, was a rare opportunity.
It’s a great honour to host the Grand Départ of the Tour de France and London truly pulled it off. The whole weekend was spectacular – helped greatly, perhaps, by the fact that Summer 2007 also fell over those two days.
Watching the Tour in real life usually means hanging around for hours, only to see the cyclists whizz by in two seconds (or less). So the main thing is really to soak up the atmosphere – and, with well over a million spectators travelling to the event, there was plenty.
I was fortunate enough to be let into the village départ (begging will get you everywhere!), which is where you can watch the cyclists as they’re warming up.
Even watching them do all the work can be quite exhausting, so I wandered over to where the VIPs hang out and where the corporate entertaining takes place. Scoffing muffins and slush puppies to recuperate, I caught a contortionist act by two dead ringers for the Cheeky Girls. It would be fair to say I could probably ride the 7.9km time trial prologue route in under nine minutes before I could ever do what they did. It looked positively excruciating.
I never dreamt that I would see the Tour in real life (kidding – of course I did!). Or that, when I finally did, a South African rider (Robbie Hunter) would be leading one of the teams (Team Barloworld). And so, last week, I wrote in a column for this paper that it would be a crying shame if there were no South African flags along the prologue route. But I needn’t have worried. I met a group of Saffas, with a flag, who told me the Union Jacks were far outnumbered by our flag.
Robbie, the first South African to ride and finish the Tour, also mentions this in his online diary, saying: "The other thing that was great was the amount of SA flags flying around the roads.
I heard London was half South African, but now I really believe it.
Let’s hope the support carries on throughout the Tour all the way to Paris."

You can read Robbie’s Tour diary at www.robbiehunter.net.

(SA Times, 9 July 2007)

Friday, July 06, 2007

What would Jesus do?

...as hy moes kies tussen agter-die-scenes toegang tot die Tour de France of die grootste konsert in die wêreld?

Hy sou natuurlik 'n bietjie van albei doen. Want hy kan!

En ek sou ook kon, vermoed ek, maar ek het die Tour de France gekies. En as jy hierdie storie gelees het, sou jy dalk verstaan hoekom. Dit kom daarop neer dat ek werklik nie 'n keuse gehad het nie. Madonna se ma, basies.

'n Paar Tour de France-toevallighede:

Ek het met Elizma, redakteur van die SA Times, se hulp 'n press pass gekry vir die Tour de France. My motivering (vir die organiseerders) was dat ons die eerste keer 'n Suid-Afrikaans-geborgde span in die Tour het, en dat Robbie Hunter 'n inspirasie is vir Suid-Afrikaners, ens.
Ek het intussen probeer om hom in die hande te kry, maar wag nog vir 'n antwoord.
Omdat ek hierdie naweek net gaan Tour de France, moes ek van my Live Earth kaartjies ontslae raak. Die eerste persoon wat op my advertensie reageer het, se naam is Robbie Hunt - wat my aanvanklik effens verwar het.

Ek het ook besluit om 'n langer lens te huur as die kit-lens wat ek het. Ek kry toe 'n plek op die internet, en toe ek dit gaan optel, is dit in die gebou waar die SA Times eers was.

Dit klink miskien nie soooo toevallig nie, maar dit IS.