Wednesday, April 14, 2004

Die Voet van Klei en Juffrou SkaamteLoos

Die afgelope week moes Osama sy stem uit die woestyn laat hoor voor terrorisme weer belangriker nuus as David Beckham se beweerde t*kskepades was. Alles wat in die Midde Ooste gebeur, blyk dit, is meer voorspelbaar as wat David Beckham se feilbaarheid was.

Behalwe om te sĂȘ dis 'ludicrous' het, die Beckhams nog nie eintlik die bewerings ontken nie. Maar mens kan aflei uit die pragtige foto's waar hulle in die sneeu speel dat alles OK sal wees. Me Loos, daarenteen, kan nie ophou praat oor die kamtige affair nie.
Sy moet ook maar haar stories verkoop terwyl sy kan - waar gaan sy weer 'n werk kry? Sy reken sy weet van 'n intieme detail op Becks se liggaam waarvan slegs vroue wat al met hom geslaap het sal weet. Jy kan selfs by Ladbrokes gaan wed oor wat presies sy gesien het. Van die opsies is glo dat dit puisies op sy rug of ‘n tattoo op sy boude is. (Of is dit nou andersom?) Watookal. Dit skeel my min. Selfs al is dit Goldenballs. Al wat my van die hele storie ontwrig het was toe ek sien klein Romeo dra ‘n oorbel!

(Klets - April 2004)

No comments: