Saturday, December 31, 2005
SisiTV se enigste Beste-Van-2005 lysie: Gunsteling gigs (in geen besonderse volgorde)
Arcade Fire - ULU, London, Maart 2005

I am Kloot - Electric Ballroom, London, April 2005

Madredeus - Royal Festival Hall, London, Mei 2005

U2 - Dublin, June 2005

Hulle het, terloops, op Arcade Fire se Wake Up ingeloop.
Isle of Wight Festival - Newport, Junie 2005

Live8 - Hyde Park, London, Julie 2005
(Al moes ons dit op 'n big screen kyk.)

Nooit gedag ek sal dit hoef te erken nie, maar die beste performer van die dag, by verre, was Robbie Williams. Take That!

Friday, December 30, 2005
Friday, December 23, 2005
Tuesday, December 20, 2005
Summink or nuffink
Ek is absoluut oorval met versoeke van mense wat wil weet wat hulle vir Little Britain aanhangers vir Kersfees moet gee.
Hier's 'n paar idees.
Eerstens, 'n poster vir die een wie se toilet opgepak het:

En daarmee saam, hierdie pop wat op die spaar toiletrol staangemaak kan word. (Nee, ek twyfel of daar 'n blow up weergawe beskikbaar is - maar dis sekerlik net 'n kwessie van tyd.):

Of wat van hierdie een vir die koffietafel? Want dis tog logies dat sou jy vir Vicky en Andy langs mekaar staanmaak en iemand vra om te kies, hulle sal sê: I want that one!

Terloops, is dit nie ongelooflik hoe lank 'n mens 'n gesprek met iemand kan voer deur slegs one-liners uit Little Britain aan te haal nie?
Nou die aand groet ons twee van ons huismaats wat die volgende oggend douvoordag op 'n drie-maande vakansie na Suid-Amerika sou vertrek. Teen die tyd wat ons opstaan was hulle weer terug by die huis.
Wat het gebeur? vra ons simpatiek.
Nee, sê Steve (na aan trane), toe ek my paspoort vir die vrou wys, toe sê sy...
En ons seg almal gelyk: COMPUTER SAYS NO!
Aaaag, jy moes daar gewees het.

Thursday, December 15, 2005
'n Kunsuitstalling in Rome
Na my gekerm oor kunsuitstallings, 'n paar dae gelede, het ek ook bietjie gedink aan die's waarvan ek die meeste gehou het: Warhol, Edward Hopper en Frida Kahlo - almal by die Tate Modern.
(Ek noem dit net om te wys ek's nie heeltemal 'n pleb nie - so ek vertrou julle is voldoende beindruk. Ek sal maar swyg oor die feit dat ek al vier keer in Amsterdam was en nog nooit die binnekant van die Van Gogh- of die Rijksmuseum gesien het nie.)
Een van my ander gunsteling uitstallings was dié een in 'n stil straat in Rome:

Hoera vir tegnologie
Verby is die dae wat sommige tannies agter jou kan aanloop in klerewinkels en 23 keer vra of hulle met iets kan help, maar eintlik bedoel Jy beter nie iets probeer steel nie, hoooooor! (Met my kriminele kleuterskool-agtergrond kon ek hulle seker nie kwalik neem nie.)
Hulle het ook mos die gewoonte om te wag totdat jy half kaal is en 'n toerbus vol mense om jou aantrekhokkie vergader het, en dan ongevraagd die gordyn oop te ruk en te vra Pas dit, hmmm? Bietjie klein? Bietjie groot? Hmmm?
En dan sal hulle hulself daar tuismaak en aan jou bra-straps begin pluk en hulle gesigte trek en seg wag net gou, en uitgil oor die vloer: BRING 'N 16!
En in dieselfde asem sê watse pragtige ou rokkietjie dit is en dis SO jou kleur. En kom staan hier buite in die lig dat ons mooi kan sien.
Ek haat sulke tannies en, soos hulle my uitkyk, haat hulle my. Maar (ha!): dis 1 vir Stienie en 0 vir sulke tannies, want deesdae kry jy dié ding in aantrekhokkies:

Friday, December 09, 2005
Die feite agter die flou grappies
'n Paar dae gelede het ek oor David Cameron geskryf:
"... Sommige beweer selfs hy is verlangs familie van die Koningin. (Nie dat dit so uitsonderlik is nie - haar man is vermoedelik ook verlangs familie van haar.)"
En nou, met behulp van Google (my getrouste bron, waarsonder ek inderdaad nie my dagtaak sou kon verrig nie), kan ek bevestig dat (a) dit werklik nie uitsonderlik is om verlangs familie te wees van die Koningin nie, en (b) die Koningin wel verlangs (maar naby genoeg!) familie is van haar man.
William IV en sy langtermyn minnares, Dorothy Jordan, het glo so baie buite-egtelike kinders gehad, dat dit nie ongewoon is om 'n verlangse familielid van die Koningin op te spoor nie. En as David Cameron hulle "great-great-great-great-great-grandson" is, soos wat stamboon navorsers beweer, dan is dit uit hierdie verhouding waar sy blou bloed vandaan kom.
Wat die Koningin se verhouding met haar man, Philip, betref:
Sy oupa het met een van Koningin Victoria se kleindogters getrou. Wat beteken hy en die Koningin is albei agter-agter-kleinkinders van Koningin Victoria.
Hulle is ook familie aan Philip se pa se kant. 'n Oupa van hom, was 'n oumagrootjie van haar se broer. Of soiets. Julle kan alles hier gaan uitfigure.
Dit maak nie saak nie, sal julle sê. Die Koningin se kinders lyk tog semi-normaal.
Miskien. Maar dit wil voorkom - as mens als glo wat op Republikeinse websites staan (en hoekom sou jy nie?) - asof ten minste twee van hulle buite-egtelik is. Prins Andrew is glo die seun van 'n Lord Porchester, met wie die koningin lekker oor perde gepraat het. En Prins Edward is glo die seun van 'n Baron Patrick Plunket, wat Deputy Master van die Royal Household was.
Hierdie tipe goed word beweer omdat sy baie hegte vriendskappe met beide mans gehad het, asook omdat Edward en Andrew glo baie na hulle lyk, en omdat baie mense glo sy wou Prins Philip trugkry oor hy al die jare soveel buite-egtelike verhoudings gehad het.
As al hierdie vuil wasgoed net bietjie in die openbaar gewas sou word, sou ons te minste gedink het die Koninklikes is interessant. Nou sal ons vir ewig moet wonder of die volgende Koning van Engeland nie dalk een of ander melkman se seun is nie.

Thursday, December 08, 2005
Vanjaar se Turner Prize wenner: Who gives a shed?
Ek sal nie gou weer moeite doen om na die Turner Prize uitstalling te gaan nie. Been there, done that; klaar oor die trauma gepraat.
Maar ek dink vanjaar se wenner, Simon Starling, is nogals interessant. Vir hom gaan dit oor "slowing things down, about trying to retard this incredible speed at which we live". Ek hou daarvan. Dis mooi. (Ek gaan dit vir my baas sê as ek weer 10-uur by die werk aankom!)
So het hy byvoorbeeld eendag langs die Ryn gaan fietsry, op 'n houtskuur afgekom, en die eienaars omgepraat om dit vir hom te leen vir 'n projek. Toe breek hy die skuur af, maak 'n boot daarvan, vaar sewe myl rivier af (of op?) tot by Basel, haal die boot uitmekaar, bou weer 'n skuur met die hout, sit dit in 'n gallery, en noem dit Shedboatshed.
Op 'n ander geleentheid, het hy met 'n elektriese fiets deur die Spaanse woestyn gery, en die fiets se enigste afvalproduk (water) gebruik om 'n kaktus te verf toe hy weer by die huis kom.
Ek dink iets wat sy werk dalk aantreklik maak (vir my in elk geval), is die feit dat dit soos een lang vakansie klink. Maar as jy verby dit in 'n kunsgallery sou stap, kan jy seker dink: Skuur. Kaktus. What the?
As mens die stories agter die uitstallings ken, word dit onmiddellik baie interessant, maar is dit kuns? Indien wel, kan jy mos elke tweede kroegvlieg wat jy ontmoet in 'n gallery staanmaak en sê dis kuns?
Die antwoord is ja, jy kan, en iemand het al.
Jarre trug het ek vir 'n paar weke as 'n sekuriteitswag op die South Bank gewerk. Ek was meer van 'n steward as 'n bouncer, maar dis nie ter sake nie. Eendag kom 'n meisie verby en sy staar na my. Loop aan, draai om, staar. En toe kom sy trug en vra of sy asseblief 'n afspraak kan maak om my foto te neem. Ek dog hier word ek wragtag vandag gediscover soos Tanya Fourie. En: Waar's die hidden camera?
En ek seg: Nee, beslis nie!
Ja, natuurlik! sê een van my kollegas. Maar jy moet toestemming kry om hier foto's te neem.
Sy sal, sê sy.
Waarvoor is dit? vra ek.
Vir haar vroue-in-uniform projek sê sy.
Ek dink nie so nie! sê ek ferm, soos dit 'n vrou-in-uniform betaam. Lyk ék miskien vir jóú soos 'n vrou-in-uniform? wou ek vra. Want vir my is 'n vrou-in-uniform iets soos 'n tewerige boetebessie. En hoekom kan sy my nie afneem as ek een maal in sewe jaar gym toe gaan en dan sê ek's 'n atleet nie?
Ek sê toe net 'n duisend maal nee, en sy 'n duisend maal seblief, tot sy uiteindelik huilerig daar wegloop. 'n Paar maande later sien ek haar op 'n dag in die Guardian en die Times. Toe's sy 'n finalis in een of ander kuns-kompetisie, en deel van haar uitstalling was 'n klomp mense in verskillende uniforms wat rondstaan in 'n gallery.
So: as ek amper kuns was, kan enigiets seker kuns wees - dit hang maar net af wie daarna kyk.

Subscribe to:
Posts (Atom)