Thursday, May 04, 2006

Wrong Guy

Deesdae weet gegradueerdes hulle moet op allerhande 'kreatiewe' (lees: kak) vrae voorbereid wees tydens werksonderhoude. Byvoorbeeld: As jy ‘n boom was, watter soort boom sou jy wou wees? Of: As jy ander mense kon hoor sleg praat oor jou, wat sou hulle sĂȘ? En so.

Guy Goma was seker bewus hiervan, anders sou hy hardop gewonder het hoekom hy voor sy onderhoud, vir ‘n werk in die BBC se IT-afdeling, eers gegrimeer moes word. En toe hulle hom op ‘n TV-stel voor 'n kamera sitmaak, het hy gedink dis deel van ‘n vreemde inisiasie-proses.

Hy't wel onraad vermoed (soos jy hier kan sien) toe die onderhoudvoerder hom as Guy Kewney, redakteur van newswireless.net, voorstel en vir sy opinie oor die hofsaak tussen Apple Computers en die Beatles se Apple Corps vra, maar hy't sy pose herwin en homself met die grootste gesag, in erg gebroke Engels, oor die onderwerp uitgelaat.

Intussen het die regte Guy Kewney vergeefs elders in die gebou sit en wag vir iemand wat hom na die stel sou lei.

Kyk hier na die hele onderhoud.

(Goma wag nog om te hoor of hy die werk gekry het.)