Saturday, December 31, 2005

'n Gedagte vir die nuwe jaar

SisiTV se enigste Beste-Van-2005 lysie: Gunsteling gigs (in geen besonderse volgorde)

Arcade Fire - ULU, London, Maart 2005





I am Kloot - Electric Ballroom, London, April 2005


John Bramwell en Guy Garvey van Elbow

Madredeus - Royal Festival Hall, London, Mei 2005



U2 - Dublin, June 2005




Bono

Hulle het, terloops, op Arcade Fire se Wake Up ingeloop.

Isle of Wight Festival - Newport, Junie 2005



Live8 - Hyde Park, London, Julie 2005
(Al moes ons dit op 'n big screen kyk.)



Nooit gedag ek sal dit hoef te erken nie, maar die beste performer van die dag, by verre, was Robbie Williams. Take That!

Friday, December 30, 2005

Friday, December 23, 2005

Tuesday, December 20, 2005

Summink or nuffink

Ek is absoluut oorval met versoeke van mense wat wil weet wat hulle vir Little Britain aanhangers vir Kersfees moet gee.
Hier's 'n paar idees.

Eerstens, 'n poster vir die een wie se toilet opgepak het:



En daarmee saam, hierdie pop wat op die spaar toiletrol staangemaak kan word. (Nee, ek twyfel of daar 'n blow up weergawe beskikbaar is - maar dis sekerlik net 'n kwessie van tyd.):



Of wat van hierdie een vir die koffietafel? Want dis tog logies dat sou jy vir Vicky en Andy langs mekaar staanmaak en iemand vra om te kies, hulle sal sê: I want that one!



Terloops, is dit nie ongelooflik hoe lank 'n mens 'n gesprek met iemand kan voer deur slegs one-liners uit Little Britain aan te haal nie?
Nou die aand groet ons twee van ons huismaats wat die volgende oggend douvoordag op 'n drie-maande vakansie na Suid-Amerika sou vertrek. Teen die tyd wat ons opstaan was hulle weer terug by die huis.
Wat het gebeur? vra ons simpatiek.
Nee, sê Steve (na aan trane), toe ek my paspoort vir die vrou wys, toe sê sy...
En ons seg almal gelyk: COMPUTER SAYS NO!

Aaaag, jy moes daar gewees het.

Thursday, December 15, 2005

'n Kunsuitstalling in Rome

Na my gekerm oor kunsuitstallings, 'n paar dae gelede, het ek ook bietjie gedink aan die's waarvan ek die meeste gehou het: Warhol, Edward Hopper en Frida Kahlo - almal by die Tate Modern.
(Ek noem dit net om te wys ek's nie heeltemal 'n pleb nie - so ek vertrou julle is voldoende beindruk. Ek sal maar swyg oor die feit dat ek al vier keer in Amsterdam was en nog nooit die binnekant van die Van Gogh- of die Rijksmuseum gesien het nie.)

Een van my ander gunsteling uitstallings was dié een in 'n stil straat in Rome:

One head out of place


God breath


One Picasso for half price


Double take


I will be back shortly

Waa daai bus?

Hoera vir tegnologie

Verby is die dae wat sommige tannies agter jou kan aanloop in klerewinkels en 23 keer vra of hulle met iets kan help, maar eintlik bedoel Jy beter nie iets probeer steel nie, hoooooor! (Met my kriminele kleuterskool-agtergrond kon ek hulle seker nie kwalik neem nie.)
Hulle het ook mos die gewoonte om te wag totdat jy half kaal is en 'n toerbus vol mense om jou aantrekhokkie vergader het, en dan ongevraagd die gordyn oop te ruk en te vra Pas dit, hmmm? Bietjie klein? Bietjie groot? Hmmm?
En dan sal hulle hulself daar tuismaak en aan jou bra-straps begin pluk en hulle gesigte trek en seg wag net gou, en uitgil oor die vloer: BRING 'N 16!
En in dieselfde asem sê watse pragtige ou rokkietjie dit is en dis SO jou kleur. En kom staan hier buite in die lig dat ons mooi kan sien.
Ek haat sulke tannies en, soos hulle my uitkyk, haat hulle my. Maar (ha!): dis 1 vir Stienie en 0 vir sulke tannies, want deesdae kry jy dié ding in aantrekhokkies:

Friday, December 09, 2005

Die feite agter die flou grappies

'n Paar dae gelede het ek oor David Cameron geskryf:

"... Sommige beweer selfs hy is verlangs familie van die Koningin. (Nie dat dit so uitsonderlik is nie - haar man is vermoedelik ook verlangs familie van haar.)"

En nou, met behulp van Google (my getrouste bron, waarsonder ek inderdaad nie my dagtaak sou kon verrig nie), kan ek bevestig dat (a) dit werklik nie uitsonderlik is om verlangs familie te wees van die Koningin nie, en (b) die Koningin wel verlangs (maar naby genoeg!) familie is van haar man.

William IV en sy langtermyn minnares, Dorothy Jordan, het glo so baie buite-egtelike kinders gehad, dat dit nie ongewoon is om 'n verlangse familielid van die Koningin op te spoor nie. En as David Cameron hulle "great-great-great-great-great-grandson" is, soos wat stamboon navorsers beweer, dan is dit uit hierdie verhouding waar sy blou bloed vandaan kom.

Wat die Koningin se verhouding met haar man, Philip, betref:
Sy oupa het met een van Koningin Victoria se kleindogters getrou. Wat beteken hy en die Koningin is albei agter-agter-kleinkinders van Koningin Victoria.
Hulle is ook familie aan Philip se pa se kant. 'n Oupa van hom, was 'n oumagrootjie van haar se broer. Of soiets. Julle kan alles hier gaan uitfigure.

Dit maak nie saak nie, sal julle sê. Die Koningin se kinders lyk tog semi-normaal.
Miskien. Maar dit wil voorkom - as mens als glo wat op Republikeinse websites staan (en hoekom sou jy nie?) - asof ten minste twee van hulle buite-egtelik is. Prins Andrew is glo die seun van 'n Lord Porchester, met wie die koningin lekker oor perde gepraat het. En Prins Edward is glo die seun van 'n Baron Patrick Plunket, wat Deputy Master van die Royal Household was.
Hierdie tipe goed word beweer omdat sy baie hegte vriendskappe met beide mans gehad het, asook omdat Edward en Andrew glo baie na hulle lyk, en omdat baie mense glo sy wou Prins Philip trugkry oor hy al die jare soveel buite-egtelike verhoudings gehad het.

As al hierdie vuil wasgoed net bietjie in die openbaar gewas sou word, sou ons te minste gedink het die Koninklikes is interessant. Nou sal ons vir ewig moet wonder of die volgende Koning van Engeland nie dalk een of ander melkman se seun is nie.

Thursday, December 08, 2005

Vanjaar se Turner Prize wenner: Who gives a shed?

Ek sal nie gou weer moeite doen om na die Turner Prize uitstalling te gaan nie. Been there, done that; klaar oor die trauma gepraat.

Maar ek dink vanjaar se wenner, Simon Starling, is nogals interessant. Vir hom gaan dit oor "slowing things down, about trying to retard this incredible speed at which we live". Ek hou daarvan. Dis mooi. (Ek gaan dit vir my baas sê as ek weer 10-uur by die werk aankom!)

So het hy byvoorbeeld eendag langs die Ryn gaan fietsry, op 'n houtskuur afgekom, en die eienaars omgepraat om dit vir hom te leen vir 'n projek. Toe breek hy die skuur af, maak 'n boot daarvan, vaar sewe myl rivier af (of op?) tot by Basel, haal die boot uitmekaar, bou weer 'n skuur met die hout, sit dit in 'n gallery, en noem dit Shedboatshed.

Op 'n ander geleentheid, het hy met 'n elektriese fiets deur die Spaanse woestyn gery, en die fiets se enigste afvalproduk (water) gebruik om 'n kaktus te verf toe hy weer by die huis kom.

Ek dink iets wat sy werk dalk aantreklik maak (vir my in elk geval), is die feit dat dit soos een lang vakansie klink. Maar as jy verby dit in 'n kunsgallery sou stap, kan jy seker dink: Skuur. Kaktus. What the?
As mens die stories agter die uitstallings ken, word dit onmiddellik baie interessant, maar is dit kuns? Indien wel, kan jy mos elke tweede kroegvlieg wat jy ontmoet in 'n gallery staanmaak en sê dis kuns?

Die antwoord is ja, jy kan, en iemand het al.

Jarre trug het ek vir 'n paar weke as 'n sekuriteitswag op die South Bank gewerk. Ek was meer van 'n steward as 'n bouncer, maar dis nie ter sake nie. Eendag kom 'n meisie verby en sy staar na my. Loop aan, draai om, staar. En toe kom sy trug en vra of sy asseblief 'n afspraak kan maak om my foto te neem. Ek dog hier word ek wragtag vandag gediscover soos Tanya Fourie. En: Waar's die hidden camera?
En ek seg: Nee, beslis nie!
Ja, natuurlik! sê een van my kollegas. Maar jy moet toestemming kry om hier foto's te neem.
Sy sal, sê sy.
Waarvoor is dit? vra ek.
Vir haar vroue-in-uniform projek sê sy.
Ek dink nie so nie! sê ek ferm, soos dit 'n vrou-in-uniform betaam. Lyk ék miskien vir jóú soos 'n vrou-in-uniform? wou ek vra. Want vir my is 'n vrou-in-uniform iets soos 'n tewerige boetebessie. En hoekom kan sy my nie afneem as ek een maal in sewe jaar gym toe gaan en dan sê ek's 'n atleet nie?
Ek sê toe net 'n duisend maal nee, en sy 'n duisend maal seblief, tot sy uiteindelik huilerig daar wegloop. 'n Paar maande later sien ek haar op 'n dag in die Guardian en die Times. Toe's sy 'n finalis in een of ander kuns-kompetisie, en deel van haar uitstalling was 'n klomp mense in verskillende uniforms wat rondstaan in 'n gallery.

So: as ek amper kuns was, kan enigiets seker kuns wees - dit hang maar net af wie daarna kyk.

Wednesday, December 07, 2005

Wat 'n man!

Is die nuwe leier van die Tory party nie 'n besonders indrukwekkende voorbeeld van die manlike spesie nie?
Ek is beslis nie die Tories se grootste aanhanger nie, maar as dit van hom afhang draai my stem (wat ek nog nie in dié land uitgebring het nie) dalk voor die volgende verkiesing. In vergelyking met sy voorganger, wat die hare op my nek, rug en bolip laat regop staan het, is David Cameron 'n ware leier, uiters cool (sy gunsteling album van alle tye is The Queen is Dead van The Smiths!), en sonder twyfel die man wat die Konserwatiewes weer trug in No. 10 kan kry.

Lewenslange Tory-ondersteuners is mal oor die nuwe goue seun van hulle. Nie net oor sy superster-kwaliteite nie, maar ook oor sy indrukwekkende bloedlyn wat drie prominente Konserwatiewes van die laat 19e- en vroee 20ste eeu insluit. Sommige beweer selfs hy is verlangs familie van die Koningin. (Nie dat dit so uitsonderlik is nie - haar man is vermoedelik ook verlangs familie van haar.)
Cameron se vrou is ook nie sommer enige pleb nie. Die BBC berig dat "research on Mrs Cameron's family tree by Cracroft's Peerage suggests that Nell Gwyn, the mistress of Charles II, is her great, great, great, great, great, great, great, great grandmother". Vatso.

Hierdie tipe inligting is geweldig belangrik in Tory-geledere.
Anne het byvoorbeeld een maal 'n jaar vir haar posh oom (van Hongaarse aristokrasie) en sy vrou in Fulham gaan kuier. Terwyl sy nog supply teaching gedoen het, was hulle altyd vriendelik en gasvry. Maar toe noem sy eendag dat sy 'n vaste werk by 'n privaatskool naby Sloane Square het. Dit is toe toevallig die skool waar die oom en sy kinders ook was. Daaroor is hulle toe so gelukkig, dat Anne sommer dadelik uitgenooi word om die week daarna weer te gaan kuier sodat sy saam met die tannie en haar maters port kan drink en carols kan sing.

(In geval hulle kan Afrikaans verstaan, wil ek net beklemtoon dat Anne nooit impliseer het dat hierdie familie van haar statusbewus is nie. Dis maar net hoe ek verkies om dit oor te vertel, vir julle vermaak.)

Sunday, December 04, 2005

Daar's baie werk in Londen

Maar die kompetisie word al sterker.

Die oggend na die vorige aand

Teen dié tyd, het julle hopelik al presente gekoop vir julle ma's en jul vriende wat alewig en aanhoudend roggelend hoes?

Hier's 'n veelsydige geskenk-wenk, vir vriende of familie, wat geneig is om ongeveer 15 uur na hulle by jou aangekom het, weer met 'n erge hoofpyn en korttermyn-geheueverlies huiswaarts te keer:
'n Gevriesde boerewors om teen die voorkop te hou (soos op hierdie geposeerde foto gesien kan word).



Dit sou onwys (selfs waansinnig) wees om jou eie wors weg te gee - sou jy enige hê. Gewoonlik kan jy net die wors wat die persoon die vorige dag daar aangebring het weer vir hulle truggee.
Ag, en dis só waar: die uitdrukking op mense se gesigte maak dit soveel meer bevredigend om te gee as om te ontvang.
Let wel: As hulle niks wors saamgebring het nie, sal hulle tevrede moet wees met 'n Berocca.

Saturday, December 03, 2005

Mense wat in grotte bly

Toe ek die eerste keer van Rachel Zadok gehoor het, was ek opreg opgewonde vir die geluk wat skielik na haar kant gekom het. Ek’s mal oor stories waarin die underdog se lot oornag verander.

Dié underdog, as jy nog nie van haar gehoor het nie, is ‘n 33-jarige Suid-Afrikaner in Londen, wat bedags ‘n boek geskryf het en saans as kelenerin gewerk het. Toe sit sy eendag ‘toevallig’ die TV aan, kom te hore van ‘n How To Get Published kompetisie op die Richard and Judy program, skryf haar boek (Gem Squash Tokoloshe) in, is een van die finaliste, word deur 'n bekende uitgewer opgeraap, en is nou op die kortlys vir die gesogte Whitbread Award.

Aanvanklik dag ek: wat 'n ongelooflike storie! En: Sjym, sy is seker nog onwettig in die land ook. En hoe oorleef sy op haar karige kelnerin salaris? En waar kry sy al die energie om nog ‘n boek ook te skryf? En so.

Toe lees ek dat sy ryk grootgeword het, met ‘n dokter getroud is, reeds vier jaar in die land is en ingeskryf was vir ‘n kreatiewe skryfkursus. Alles normaal en goed. Maar die storie is net nie meer heeltemal so ongelooflik nie, want al hierdie feite beteken sy’s nie regtig ‘n underdog nie, en ook dat sy weinig van die tragiese ontberinge moes verduur wat ek my voorgestel het nie. Daar was seker ander, maar die's waaraan ek gedink het is die materiaal waarvan hartverskeurende inspirerende movies gemaak word. En nou, jammer om te sê, sal niemand meer 'n movie oor haar lewe wil maak nie. Wie wil nou kyk hoe sy in die (relatiewe) weelde van 'n tweeslaapkamer woonstel lewe, en alleenlik vir inspirasie werk, en nie omdat die landlord op haar spoor is nie.

Dit kan seker gedoen word. Hulle gebruik immers alreeds publisiteitstruuks om haar interessanter te laat klink, met opskrifte soos: "Kelnerin op kortlys."
Dis nie onwaar nie, maar eintlik kan hulle mos sê: "Doktersvrou verras", of "Kreatiewe skryfstudent wys die grotes".
Om te sê "Dankie, julle! Maar, regtig, ek het my gat af gewerk hiervoor", is eenvoudig nie goeie publisiteit nie.

Ek meen, gestel ek doen eendag iets naastenby indrukwekkend, sal die koerant-opskrifte dan se: "Meisie met Standerd 7 tik doen iets naastenby indrukwekkends"? Ek vermoed so!

Behalwe my teleurstelling met die onthulling dat sy nie 'n underdog is nie, het ek 'n groot probleem met die volgende uitlating in 'n onlangse onderhoud (wat op die Times Online gelees word):
"… she admits to revelling in the “freedom” of Britain: “It has broadened me. People know so much stuff here. I am amazed by their expertise on quiz shows. South Africa was so cut off; really, it was a cultural desert.”

Ekskuus?

As iemand soiets kwytraak, verdwyn my gemoedelikheid gou, en sal ek sommer ook ongegronde stellings begin rondgooi soos: "Dis 'n vervelige boek. Sy's maar net die token African op die kortlys."

Natuurlik weet almal wat aan quiz shows deelneem baie "stuff". Maar keer 'n paar Britte op straat voor en vra wie's die patron saint van Engeland - kyk bietjie hoeveel van hulle weet dit. Weinig.

Ek kan jou wed sy weet dit ook nie. Want iemand wat langer as vier dae in Engeland bly (wat nog te sê van vier jaar!) en dan voorgee dat hulle nog nooit van Richard en Judy gehoor het nie, weet werklikwaar nie veel van enigiets nie.

Richard en Judy lok nie net vir die afgelope vyf jaar al miljoene kykers – daagliks - nie, mense boots hulle gereeld in die openbaar na (want dis altyd histeries), en al wat 'n koerant of tydskrif is het ten minste een keer 'n week 'n verwysing (goed of sleg) na hulle of hul program in.

Richard en Judy is 'n Britse instelling. Mense is nie net geinteresseerd in wat op hulle program gaan wees nie, dis ook snaaks om te sien hoe hulle (soos meeste getroudes) mekaar heeltyd doodpraat of korrigeer of irriteer. Richard is boonop 'n knaende verleentheid vir Judy (en soms die hele nasie), en hoe meer sy bloos of hom probeer keer, hoe erger maak hy dit met sy knaende gebabbel.

Om trug te kom by die punt: Hulle begin toe 'n boekklub (as Oprah kan…), en die koerante begin hulle skielik ernstig opneem want elke boek wat daarop bespreek word, word onmiddellik 'n blitsverkoper. (Star of the Sea, Toast, Brick Lane, Lovely Bones, Notes on a Scandal, The Bookseller of Kabul…)
Al is baie mense steeds smalend daaroor, kan niemand meer die ongelooflike invloed van Richard en Judy ontken nie.

Almal, behalwe Rachel Zadok.

Eerlikwaar, die minste wat sy kan doen in erkenning vir hulle bydrae tot haar sukses, is om nie voor te gee dat sy nog nooit van hulle gehoor het nie.
En as dit werklik die geval is, kan sy gerus erken dat SY die een is wat onder 'n klip in 'n godsverlate cultural desert bly.

Sunday, November 27, 2005

Dis meer as net 'n hoes

Ek het julle reeds 'n idee gegee wat om die moeders vir kersfees te gee.

Vandag, 'n wenk vir die kerskous van die een wat altyd aanhoudend en roggelend hoes en as gevolg daarvan nooit 'n volle nag se slaap inkry nie:


En as goedkoop hallusinasies jou ding is, kry sommer vir jouself ook een.

Newe effekte:
  • Jy kan dalk op die tube aan die slaap raak, en 40 minute later met 'n droe mond wakkerskrik en met die meisie oorkant jou begin gesels, oortuig daarvan dat sy saam met jou in sub B was - al ontken sy dit.
  • Jy kan begin glo dat dit normaal is om 'n bottel in jou lessenaarlaai aan te hou vir in geval jy "dalk begin koud kry". (Soos gesien kan word op hierdie foto wat skelm van 'n kollega geneem is. Nie dat dit nodig was om die foto skelm te neem nie. Hoesstroop-misbruikers is nie juis bekend vir hul aggressie nie.)

Thursday, November 24, 2005

O phok

My baas kom staan gister agter my en vra of ek wil tee ja. Ek draai om om nee te sê want so baie tee kan geen mens (van die suidelike halfrond) op een dag drink nie. En ek sien hy lees op my skerm terwyl hy reageer. Ek dag, lees maar meneer, dis mos darem in Afrikaans. Toe ek omdraai, besef ek hy het realisties-gesproke heel moontlik die volgende gesien:

"I am sitting here at my desk today in October, longing for someone to hug me and encourage me to keep strong and hold my head high. This particular phase in my life is the most dangerous - X is planning `an accident` in my car, brake failure and serious head injury in order to make the path clear for Charles to marry. I have been battered, bruised and abused mentally by a system for 15 years now, but I feel no resentment ... I am strong inside and maybe that is a problem for my enemies. Thank you Charles for putting me through such hell and for giving me the opportunity to learn from the cruel things you have done to me." (Soos gepubliseer in die Mirror).

Dit is gelukkig November, en hy's darem nie stoopit nie, so daar is wel hoop dat hy sou begryp dis nie noodwendig hoe ék voel nie. Die bietjie hoop is ook al wat gemaak het dat ek slegs vir drie uur daarna gecringe het, en nie nou nog steeds nie.

(Die paragraaf was deel van 'n brief oor Prins Charles en Diana wat ek vir Litnet geskryf het. Julle kan dit hier gaan lees.)

Tuesday, November 22, 2005

Swak afgeneemde outjie

Laasjaar die tyd was daar ook 'n Toets in die Millennium Stadium in Cardiff (die eerste waarby ek was). Ek's nie groot op die rugby nie, en kyk eerder die mense. Toe sien ek dié, maar niemand kon nog bevestig dat dit is wie ek dink dit is nie: Badly Drawn Boy met 'n giant leek?



En hier's 'n bewys dat Burberry nie net aan chavs en chinless wonders behoort nie.


Saturday, November 19, 2005

Praktiese pirsente

Nadat ek hom oortuig het dat hy regtig na twee jaar weg van die huis nie met lee hande daar kan aankom nie, het Werner die volgende vir sy ma gekoop:



Die Dishmatique, vir die wat nie weet nie, "is simply filled with your chosen washing up liquid which is then automatically dispensed through the scouring head, giving concentrated cleaning power where it is needed. When the head becomes worn it can be simply replaced without having to replace the handle.
Replacement heads are readily available offering excellent value."

Elke huis behoort een te he! Ons het drie.

(Is dit nogsteeds nie beskikbaar in SA nie?)

Waar daar 'n rokie is

Eet maar daai Nicorettes, Prof.

Jy borsvoed nou wel nie, maar daar is ander, veel erger, goed wat met jou kan gebeur - soos wat hierdie sigaretpakkie uit China waarsku:



(En dit is hoe mens lyk na drie uur se son en cheap bier op 'n godverlate stasie in Albufeira.)

Friday, November 18, 2005

SisiTV is in die lewe geroep, want

Mens mag net op party mense se blog-entries comments maak as jy self 'n blog subscriber is. So, to subscribe ek maar, want ek het comments om te maak, obviously.

Dit, en die langste winter van ons lewens strek voor ons uit (glo), so ons moet iets kry om te doen.

Ek het ook besluit om al die ou Klets-stories op te sit, sodat dit nie heeltemal so woes en leeg lyk nie.

Wednesday, August 17, 2005

Hulle stem so, want hulle braai so

Ek kan nie beskryf hoe opwindend die afgelope verkiesing hier in Londen was nie. Ek kan nie, want dit was nie. Dit was sieldodend. En om daaroor te praat is nét so eentonig – terwyl ek hierdie paragraaf tik het ek al drie keer gegaap. Nee, vier!

Dis seker maar hoe 'n verkiesing in een van die oudste demokrasieë in die wêreld veronderstel is om te wees, maar in vergelyking met verkiesings in Suid-Afrika is dit erg oninspirerend. Waar's die drama? Die histerie? Die stilstuipes? Die enigste ding waaroor ek mense 'n bietjie opgewonde hoor raak het, was om na die verkiesingsuitslae op TV te kyk.
In Suid-Afrika is die hele aanloop tot die verkiesing interessant, selfs vermaaklik. Die uitslag is vanselfsprekend; 'n bysaak. Maar hier, hoor ek toe, kyk mense van 10-uur die aand na die verkiesingsuitslae op TV – aangebied deur die Dimbleby-broers op BBC1 en ITV - en vat Vrydag verlof. En dis dan die somtotaal van die avontuur. Ek dog toe, as dít is waaroor dit gaan mág ek dit nie mis nie. When in Rome, en als. En so tref Werner my een-uur die oggend toe hy van die werk af kom, in 'n koma op die ongemaklikste bank in die huis aan. Glo my gerus – as die verkiesing 'n mens was, sou hy 'n martelaar wees en mense geleidelik dood verveel.
Ek het wel bietjie gekroek en oorgeskakel na ‘n ander kanaal tydens die martelsessie. Daar het hulle ‘n klomp mense gekry wat kommerwekkend baie soos die politieke hoofrolspelers lyk, en dan ‘n kamtige dokumentêr gemaak van wat agter die skerms gebeur. Byvoorbeeld David Blunkett wat met 'n perverse grynslag staan en vroetel met sy gidshond se leiband, terwyl dié met 'n skrapsgeklede Kimberly Quinn (die vrou met wie hy 'n verhouding gehad het) op die grond rondrol.

Om te stem, lyk dit my, is soos om te braai. Vir ons beteken dit om vir ure rondom die vuur te staan en met stokke daarin te krap, dronk te word, en laataand eers te braai. Maar as Britte na 'n braai toe gaan, moet die patties reeds gebrand wees as hulle daar aankom. So, blyk dit, is die aanloop tot die verkiesing hier glad nie belangrik nie. Hulle sal net by aanhoor van die uitslag sug, en sê: Right. Jolly good. Tea? En wieookal aan bewind is blameer vir die treine wat laat is.

Dis ook vreemd dat iemand hier kan sê hy's 'n Tory en sy meisie ‘n lid van die Arbeidersparty, maar dan leef hulle nog in vrede saam nie. Dis so ongelooflik belaglik beleefd! En wêrelde verwyder van Suid-Afrika waar - soos Ronel vertel - hulle (NPs) altyd kortpad deur die buurman ('n KP) se erf kon loop, behalwe in verkiesingstye. Dan span hy 'n draad tussen hulle erwe en laat sy Rottweiler die grens patrolleer.
Weinig Britte (behalwe die Dimbleby-broers en hulle onderskeie ateljeegaste) het iets oor die verkiesing te sê gehad. Maar toe ek Saterdag, twee dae ná die verkiesing, by ‘n klomp Suid-Afrikaners gaan kuier, toe’s dit nie lank voor een (‘n vurige Liberaal Demokraat-ondersteuner) sê: Ek hoop nie julle het Labour gestem nie!? En ‘n ander sê: Ek het!
En eersgenoemde sê Jy’s mal! En: Hoekom gaan slaap jy nie sommer by Tony nie? En die ander sê Miskien sál ek! Dan kom twee ander in en ontken nie dat hulle nie vir die Tories gestem het nie. En die res insinueer dis net oor hulle dalk in die hoë inkomstegroep val en nie so baie belasting wil betaal nie. ‘n Ander sê: Ek wóú vir die Liberaal Demokrate stem, maar toe stem ek eerder vir die Arbeidersparty, téén die Konserwatiewes. En: Die Arbeidersparty het in elk geval beter kraamvoordele. En dan kyk die vurige Lib Dem ondersteuner haar aan asof hy wonder hoekom vrouens hoegenaamd stemreg gekry het.

Hier in Brittanje is die mense ook maar lui om te gaan stem. Veral vir diegene wat meen die uitslag gaan nie veel aan hulle lot verander nie. (Want al die partye se basiese beleide is mos basies dieselfde.) In Liverpool, byvoorbeeld, stem baie min mense – vir hulle was die belangrikste uitslag daardie week die een tussen hulle span en Manchester United.
Vir my is om te kan stem meer 'n voorreg as 'n plig. Ek dink dis omdat 1994 ook die eerste jaar was waarin ek kon stem. Ons was eerstejaars, toe, en 100% oortuig van die opwindende toekoms wat voorlê. Vir ons, dink ek, sal verkiesings ook altyd ‘n feestelike konnotasie hê. Die eerste kwartaal het hoofsaaklik om die verkiesing gedraai. Ag, dit was goeie tye. Ten minste een kaas-en-wyn geleenthied per week soos die party-kandidate probeer stemme werf het. Ons het nie diskrimineer nie, ons het na almal gaan luister. Maar die NP het die meeste freebies uitgedeel. FW-borsspelde, plakkers, plakkate. En perm-kamme.

In elk geval, hier het daar vanjaar toe op die ou end meer mense gaan stem as in die vorige verkiesing. Een nuusleser sê hy stem al vir die afgelope 30 jaar by dieselfde plek, en dit was die eerste keer wat daar 'n ry was. Maar besef die mense dan nie – dít is die geheim om meer mense by die stemlokale te kry. As jy in hierdie land (en julle kan dit gerus probeer!) iewers gaan stilstaan en iemand dalk agter jou, sal daar binne sewe minute 'n redelike lang en gedweë tou agter jou vorm.
Die mense by die werk hang aan my lippe as ek hulle vertel van die rye tydens verkiesings in Suid-Afrika. En dan kry hulle daai ons-wil-op-safari-gaan kyk in hul oë.

Christine van der Merwe kon nie kies tussen die Vote for Yourself Rainbow Dream Ticket Party of die Monster Raving Loony Party nie. (Litnet Aug 2005)


[Stemdag is (glo) op Donderdae, want (in die dae voor vrouens kon stem) het mans op Vrydae begin drink sodra hulle betaal is. Saterdae het hulle by die huis rondgelê en Sondae was hulle in die kerk. So, om te keer dat drank, die pantoffel of die kerk hul keuse beïnvloed is vasgelê dat verkiesings altyd op Donderdae sou wees.]