Wednesday, December 23, 2009

Son sak in die Weste

Ons is tans geweldig besig by die werk. Daar's nie 'n ledige oomblik nie, en beslis geen tyd vir speel nie. (Of is dit andersom?)

Ek kon gelukkig darem 'n tydjie afknyp om kerskaartjies vir my mater Erum se besigheid te maak.

Die boonste foto is vroeƫr vanjaar in Morden geneem, en die tweede een in Primrose Hill, nadat ons werk die kantoor vir die dag toegemaak het.

Christmas card for kudus-copy.com




Dit was groot pret, maar nogals 'n stryd om foto's te neem, want die die laptop wat ek gekry het om van die huis af te werk het nie 'n strap gehad nie, so ek moes dit heeltyd in die sneeu neersit. Dit het gelukkig die uitstappie oorleef.

Friday, December 11, 2009

NuL

Ek was destyds nogals opgewonde toe ek NuL ontdek het. Net nadat ek hierdie storie geskryf het het Hanlie, 'n oud klasmaat, my gemail:

molo sisi,
lekker gelees aan die blog, en sommer weer opgehook met my vriende van nul - thanks vir die wenk, het kommune gedeel in pta en touch verloor

Cool toeval :-)
Elk geval, toe't ek weer 'n bietjie van NuL vergeet. Maar ek sien nou hulle het sedertdien 'n paar nuwe songs vrygestel (wat jy alles gratis kan download).