Wednesday, March 22, 2006

Op Trafalgar Square se vierde paal was daar

Hierdie standbeeld pryk alreeds ses maande op Trafalgar Square se "fourth plinth", maar ek het dit nou die dag vir die eerste keer gesien.



Alison Lapper Pregnant, deur Marc Quinn, is een van twee werke wat in 2004 uit ‘n kortlys van ses kunstenaars gekies is om hier geinstalleer te word. Thomas Schütte se Hotel for the Birds sal dit in April 2007 vervang.

Daar was (ouder gewoonte) ‘n groot en uitgerekte debat oor wat op hierdie platform moes kom. In Maart 2003 het Wendy Woods, weduwee van 'n anti-apartheid joernalis, 'n dapper poging aangewend om £400,000 in te samel om vir ‘n standbeeld van Nelson Mandela deur Ian Walters te betaal. Dit sou baie relevant wees, met die dat Suid-Afrika Huis, waar baie anti-apartheid demonstrasies gehou is, ook op Trafalgar Square is. Maar dit het toe nie so uitgewerk nie.

Marc Quinn se standbeeld, seg een of ander ou in bevel, "considers questions of idealism, heroism, femininity, prejudice and identity,"
Behalwe vir die femininity, is dit seker presies wat 'n standbeeld van Madiba sou uitbeeld.
Maar dis die Britte se paal. Laat hulle daarop sit wie hulle wil.

Dalk het die Amerikaner Larry Adler die beste idee gehad toe hy voorgestel het dat hulle 'n standbeeld van Moby Dick oprig, wat hulle dan die "Plinth of Whales" sou kon noem.

7 comments:

Do Kwang said...

daai ou het bitch tits

Christine said...

Hoe meen jy dan nou? Jy't seker net na die foto gekyk, ne?

renklem said...

Jirre Johannes, ek dog jy is ingelig. Ek het al vergeet van die standbeeld, is dit nog daar Stinkie?

Christine said...

Dit is inderdaad. En dit lyk nie so kak soos wat ek gedink het nie.

Do Kwang said...

O, nou maak dit vir my sin. Dis 'n vrou wat pregnant is . . . Oooooo!! Ek dag dis 'n man met man boobs.
Haar hare is baie kort. Sy lyk na 'n man.

PienkZuit said...

Dalk kan hulle later hierdie beeld van Britney wat geboorte skenk opsit:

http://www.send2press.com/newswire/2006-03-0322-003.shtml

As daai ding eendag op ebay gesit word sal ek hom net eenvoudig moet koop (die Britney een, nie die pregnant korthaar een nie)

Christine said...

Imagine dit was 'n man! Dan was daai standbeeld 'n celebration van die grootste man-boobs op aarde. (Behalwe vir die ou in Fight Club.)