Die onlangse wysiging van die immigrasie-wetgewing beteken dat ons ook nou 'n ekstra jaar moet 'doen' voor ons Indefinite Leave to Remain kan kry.
Dit pla ons nie juis nie, aangesien ons in elk geval nog die volgende twee jaar in die land sou bly. Dit maak mens net bietjie bitter as jy laat op 'n Sondag-aand by die lughawe kom en die ry vir non-EU mense lyk so:
In die 1.5 uur wat die ry dan voortkruip, het mens baie tyd om jou lot te bedink - veral as jy jou boek in die eerste vyf minute klaar lees. Dit help nie eens jy down die bottel wyn wat jy op die vliegtuig gekry het nie. Dalk sou dit, as dit meer as drie slukke was.
Dit help ook nie as een of anner Suid-Amerikaanse drol oor en oor dieselfde tune fluit nie - ongeag of dit die grootste song van die somer is. Oor hy op vakansie is, dink hy seker dis 'n avontuur. En oor hy so groot is, mag hy seker maar doen wat hy wil. Ek kan maar net dink wat ek wil. En dis nie mooi nie.
Intussen giggel die 3500 Chinese studente onophoudelik vir elke vraag wat die immigrasie-beamptes hulle vra. Ek is groot op Britse humor, maar SO snaaks is hulle nou wragtag ook nie.
Teen die tyd wat ek voor in die ry is, het ek so 'n twisted kyk in my bloedbelope oe, dat ek lus is om klein stukkies van my stink Franse kaas oral agter stoele in te druk.
Boonop voel ek nog elke keer soos 'n krimineel ook. Eerstens as ek deur paspoort-kontrole gaan, met: Van waar kom jy? En: Wat doen jy hier? En: Waar's jou man (op wie se permit jy so lekker travel), hmmm? Hy braai lekker by die huis, ok! Hy braai lekker, terwyl ek hier staan en resepte uitruil met JOU. TEEF!
En dan weer as ek deur customs gaan, waar ek altyd (voel of ek) lyk soos iemand wat 'n vetplant en 'n halwe slagding probeer deursmokkel.
Om trug te kom by die punt: Teen die tyd wat ons Britse paspoorte gaan kry, sal Werner reeds 10 jaar in die land wees - ons sal waarskynlik ons Britishness test saam met mense skryf wat slegs vier jaar langer, wettig of onwettig, in die land was.
Dis moeilik om te begryp (as mens soms so bitter raak): Ons kon in die afgelope drie plaaslike verkiesings stem en Werner is al opgeroep vir Jury duty, maar omdat hy in sy eerste drie jaar op drie verskillende tipes visas gewerk het, tel dit nie. En nou. omdat die timing bietjie uit is, gaan dit ons 'n jaar langer vat. Daar's weer die drama om die werkspermit verleng te kry (wat natuurlik nie 'n gegewe is nie), plus al die onkostes wat dit behels, asook die gemors met Schengen-visas (soos dat ons drie maande voor die werkspermit verval nie Schengens kan kry). Maar ons moet seker dankbaar wees dat ons wel hier kan werk. En ons is. Dis immers nog steeds makliker in Engeland as enige ander plek in Europa.
Toe lees ek van hierdie website waar hulle mense aanmoedig om petisies te teken en vir jou MP te mail. En omdat ek soms 'n bietjie bitter is, doen ek dit toe, net om te sien wat gebeur. En toe skryf hy trug binne twee dae. Nie met goeie nuus nie, maar ek's nou nog verstom dat mens actually 'n antwoord van 'n MP kan kry. Ons is mos nie so grootgemaak nie.
Wie weet, dalk kom hulle later mense soos ons tegemoet. Vermoedelik eers oor 'n jaar, as ons dit nie meer nodig het nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
9 comments:
Het jy al probeer om in daardie EU ry te gaan staan? Ek het dit 'n keer of wat gedoen (met 'n werkspermit) en elke keer flinke diens gekry sonder probleme.
Ek sal oorweeg om dit te probeer, maar met my luck sal hulle my stuur om weer agter in die ander ry te gaan staan. Britte dink mos self niks daarvan om vir 43 dae aaneen te queue nie.
Wag net tot die EU ry leeg is, dan sal hulle nie maklik kla nie (hulle sit dan nou en niks doen nie).
Dis waar wat jy sĂȘ oor Britte en rye : Dis 'n ingebore ding om in 'n ry te gaan staan, al weet hulle nie eers waarvoor die ry is nie.
Dis waar. Ek het al met my eie oge gesien. Hulle queue vir ure, vra eers waarvoor dit is as hulle voor kom, waai dan want hulle stel nie meer belang nie, en gaan soek dan vir die volgende queue.
En jy kan self enige plek in die stad op 'n sypaadjie langs 'n toe deur gaan staan, en binne 17 minute sal die tou tot by die volgende blok strek.
Vervang jou link na salige rus met 'n link na http://positiewedenke.blogspot.com
juffrou, gaan ek jou sien oor twee weke as ek in londen is saam met prof?
psigi: JAAAAAAA! Hoeffelste is dit dan? Ek sal my nommer vir prof mail.
KonP: (As jou naam Kaalgat op 'n Teerpad was, kon ek dit afkort na KonT ha ha haaaaa) Anyway, daai water is seker fn koud? Nie so lekker lou soos ons splash-pool (wat nou verban is) nie!
Ek kan julle een aand na werk in Hampstead kry? Week van 1e Aug?
prof is besig om vreeslik sokkies en dinge te organiseer, maar ons is in die omgewing die 5de tot die 12de Aug.
Post a Comment