Sunday, October 12, 2008

Op 'n skaal van nul tot tien...

... was hierdie naweek seker 'n nege.

Een van my beste vriende het kom kuier; ek het uiteindelik Calexico gesien; en die son het geskyn.

Ek't vermoed ek sou Calexico te sien kry voordat die son weer op Britse bodem sou skyn. Maar toe daag albei op dieselfde dag op.

Ek het 'n paar jaar terug kaartjies gehad vir Calexico en die ultimate Beardy Weirdy, Iron & Wine, maar kon toe nie gaan nie. Ek het die kaartjies op eBay verkoop en kon amper my trip SA toe bekostig met die wins wat ek onverwags gemaak het. 'Onverwags', want ek het op daardie stadium gedink albei bands is redelik onbekend.
Ek vermoed Iron & Wine was toe die groot trekpleister, want hierdie naweek se konsert was nie uitverkoop nie. Onverklaarbaar. Ek dink dis genius.
(Die feit dat ek, weens probleme met die tube, eers 3-uur die oggend by die huis gekom het, was minder aangenaam.)

Behalwe vir James in Desember het ek nie eintlik nog gigs op my agenda gehad nie, maar toe sien ek The Jesus and Mary Chain speel oor 'n paar weke by die Forum. As ek EEN persoon kan opspoor wat hulle ken, sal dit cool wees om te gaan. Dis een van daai bands, soos Echo and the Bunnymen en Morrissey, waarna ek op skool geluister het, min wetend dat ek eendag die geleentheid sou kry om hulle live te sien. Dis natuurlik wat Londen great maak.

4 comments:

Blogger said...

Ek het JAMC op twee keer gesien - in Leeds in 1995 en toe in Londen in 2007 maar ek was eintlik 'n bietjie teleurgestel met die Londen gig.

Jy's reg oor Londen. Ek gaan na veel gigs toe voordat die jaar eindig en dan veel meer wanneer die nuwe jaar begin - almal speel hier.

Christine said...

Ek was te stadig - al die standing tickets is uitverkoop. Maar dis ok. Ek was in elk geval bang vir die Forum - dis amper drie dae te perd van my huis af!
Ek het nou al meeste van my gunsteling bands hier gesien. Nou geniet ek dit amper meer om relatief onbekende acts te gaan kyk. Vir elke drie wat vervelig is, sien jy darem een wat hopelik eendag suksesvol gaan wees.

Blogger said...

'n Paar jaar gelede het ek The Darkness in 'n kroeg en klein klub in Londen sien speel. Hulle was snaaks en baie pret maar ons het nie verwag dat een dag ons hulle in Brixton Academy sal sien speel nie.

Christine said...

Cool storie! Ek was by 'n Glastonbury waar hulle die eerste band op die Vrydag was. Selfs toe was hulle nog redelik onbekend. En 'n week later het ALMAL van hulle geweet.
(Die kans is goed dat jy hulle nou weer in 'n klein kroeg in Londen kan raakloop!)