Wednesday, February 04, 2009

32/365 - HK Diner


Chinatown was 'n malhuis. Ons moes van beter geweet het. Maar gelukkig was die meeste mense klaar geeet toe ons daar aankom, so ons het nie gesukkel om plek in 'n restaurant te kry nie. Ook maar goed, want ek was so honger dat selfs daai eende wat in die venster hang begin lekker lyk het.

2 comments:

Blogger said...

Chinatown is baie lekker en daar's goeie restaurants maar my gunstelinge Sjinese restaurant is eintlik in die winkelsentrum van Elephant en Castle - classy!

Christine said...

ha ha
Dan eet ek eerder minder lekker en travel Chinatown toe!