Saturday, January 07, 2006

Nie altyd iets nuuts uit Afrika

Hoekom is dit so dikwels vir Suid-Afrikaners aanvaarbaar om net alles te copy wat ander mense doen? En hoekom moedig die meerderheid van Suid-Afrikaners sulke kreatiewe luiheid aan deur dit te ondersteun?
En dit geld vir alles van aaklige ou liedjies waarvoor aaklige nuwe lirieke geskryf word, tot nuwe ontwikkelings met name soos Villa D'Algarve of Streatham Hill(!).
Kyk byvoorbeeld hoe's Alex Tew se briljante idee om 1,000,000 pixels teen $1 elk te verkoop, deur SA se eie jong entrepreneurs in die Million Rand Idea gena-aap.

Dis baie indrukwekkend, julle! En so slim! Hoe op aarde het julle aan die idee gekom?
"So we came across this little idea the other day. We were trying to think of interesting ways to make some cash here in England so we thought - lets try a crazy idea, by selling 1,000,000 pixels, for R1 each...
"We thought, this could be something crazy enough to work! Because we think people like crazy/quirky ideas... The way we see it though: We've got nothing to lose by trying. And we're sure it'll be fun."
Hulle het darem die decency om later na Tew en die Million Dollar Homepage te verwys (sonder om daarheen te link). Nie dat Tew omgee nie. Hy't met die skryf van hierdie post reeds $999,000 gemaak. (Hy gaan die laaste 1,000 pixels op eBay verkoop, en die hoogste bod is tans meer as $150,000.)
En ons twee vriende? Hulle trek by R34,400.
Dis darem (effens) beter as niks. Dis in elk geval meer as wat ek het. Maar toemaar, ek het ook 'n crazy/quirky idee waarmee ek baie geld kan maak. Ek gaan 'n meesterlik beplande, intelligente (of dit sal so voorkom) riller skryf wat basies gaan draai om 'n internasionale moordstorie en verwysings na die afgelope 2,000 jaar se Westerse geskiedenis. Die moord sal in die nag plaasvind, in 'n belangrike geskiedkundige gebou soos die Voortrekkermonument of dalk die Louvre. Die moord gaan 'n geheim aan die lig bring wat sedert Jesus se tyd deur 'n geheime organisasie bewaar word. Die slagoffer sal 'n belangrike persoon in hierdie geheime organisasie wees. En hy gaan net voor sy dood 'n paar clues los wat alleenlik deur my Tom Hanks-tipe held en 'n mooi jong dame opgelos kan word. My held gaan baie gekultiveerd wees, en van so 'n hogere intelligensie dat hy onder die ergste druk nogsteeds 'n volledige toerverslag kan gee van waar hy homself bevind. Dit mag dalk sommige lesers verveel, maar 'n paar sal wel daardeur beindruk wees. Ek glo so, ja.

Maar ek dwaal af. Ek raak nog so paniekerig oor hierdie idee-gestelery, toe ontdek ek hierdie cool site op WatKykJy?: NuL - Afrikaanse Elektroniese Rewolusiemusiek, deur Adriaan Pelzer wat in Singapoer bly.
My gunsteling songs van NuL se moontlike tweede CD, TweE, is Online Superstar, Swart, Jiroum Jimbovsky, en Laan van Smarte.
Jy kan al die songs, asook die wat op die eerste CD, EeN, was download.
Copy dít gerus, as jy kan.

3 comments:

lolla said...

ek wil nou nie 'n eier lê nie, maar ek kan nie help om aan die hoenderman te dink nie. dalk moet ek eers na al die tracks luister.

Christine said...

Jy's reg, maar dis ten minste nog steeds interessant. Anders as bv die 80ste weergawe van Gee my gas, Johanna!

Christine said...

In Afrika geld dit deesdae eintlik net waar iemand kak aanjaag, en dit 'n mooier manier is om te sê: Hoe stooopit kan 'n mens wees?