Monday, February 26, 2007

Byskrif by ‘n Bruidspaar van die Jaar foto in Die Burger

Sy sê: My liefde, my lewe, my jy. Wat jy vir my doen, is wat ek altyd wou hê. Liefde, vreugde, ’n eenheid van twee. Hy sê: Waarom eet, drink en leef ’n mens? Want anders gaan jy dood van honger, dors en eensaamheid. My bord is vol, my beker loop oor en my hart prut van liefde.

As jy hier na hulle foto kyk (nr 3), kan jy aan die gepynigde uitdrukking op "my jy" se gesig sien, dat 'n hart wat van liefde prut nie noodwendig 'n aangename ervaring is nie.

8 comments:

Lammervanger said...

Dit lyk asof hy vyf minute gelede in 'n pot pruttende olie geval het.

Anonymous said...

ag gross.

lolla said...

Dit laat my dink aan afval.

Christine said...

Dit lyk asof hy 'n afval geruik het.

Lammervanger said...

Waar is sy die suster?

Christine said...

Ek het RSI, en moet nou van voor af leer om met my tone te tik (en kerskaartjies te skilder).
Haha.
Nee, ek lieg. Ek's sommer net bietjie lui.

Lammervanger said...

Ten minste is jy nog net so snaaks soos altyd.

Do Kwang said...

Kom terug Stinkie.