Wednesday, February 04, 2009

33/365 - Morden Hall Park


Wat 'n belewenis! Die hele stad was vreemd stil - soos op kersfees. Geen busse, mense, of oop winkels.
As my vlug na SA 'n week vroeer was, sou ek dit als gemis het. Ek het geen probleme gehad om by die werk te kom nie. Dit het net 'n bietjie langer gevat. Maar ek het eers in die park rondgeloop, want ek het geweet dit sal nie 'n probleem wees as ek laat is nie. En toe maak hulle die kantoor 12-uur toe! Ek kon gelukkig 'n laptop by die werk kry, so het sommer op dag 34 ook by die huis gebly.

3 comments:

Blogger said...

Die sneeu was fantasties. Ek het reeds beplan om die dag as vakansie te neem en ons moes buite Londen in die motor ry. Die velde was so pragtig met die sneeu. Ek hou van die feit dat alles ophou en almal besluit nie om werk toe te gaan nie as dit 'n bietjie sneeu.

Christine said...

as ek jy was sou ek gecheat gevoel het, omdat al die ander mense in elk geval die dag afgekry het. jy moet jou vakansiedag trugvra!
ek weet ook nie hoekom almal so kla oor die kinders nie kon skooltoe gaan nie. een dag gaan mos nie 'n verskil maak nie? en dit was so 'n lekker afdag, almal voel hulle 'n vakansie gehad het.

Blogger said...

Ons Britse mense wil net oor alles enigiets kla! Ek onthou nie die laaste keer dat ons soveel sneeu gehad het nie.