Sunday, November 11, 2007

A long road to dual nationality

Op 6 November, presies 6 jaar en 6 maande nadat ek in die UK gekom het met 'n 6-maande visa, het ons uiteindelik indefinite leave to remain gekry.
Ek dink nie ek sal uiteindelik meer opgewonde kan wees oor die Britse paspoort as oor hierdie tjap nie.

As jy terloops aan hexakosioihexekontahexaphobia ly, gaan al die sesse jou waarskynlik ontstel. En dis hoekom jy moet bly wees (saam met my) dat daar vier is en nie net drie nie. Al wat boos hieraan was, was my hekse-gekekkel toe ek my paspoort op hierdie bladsy oopmaak.

8 comments:

Lammervanger said...

Baie geluk! Ek is besig met die proses om my Oz bestuurderslisensie te kry... Ek het Vrydag my learners gaan skryf en 100% gekry..magtag dit was maklik. Woensdag gaan passeer ek uit en ek grens aan 'n maagaandoening jeens die moontlikheid van dop...

Christine said...

Sterkte!

Ek's oneindig dankbaar vir openbare vervoer. Ek sou permanent 'n maagaandoening gehad het as ek hier moes bestuur. Ek's 'n baie beter mens vandat ek nie meer op die N2 hoef te ry nie, en vandat alles wat ek sĂȘ nie noodwendig meer met woes rym nie
:-)

Sover ek weet kon ons op 'n stadium hier net ons SA lisensie vir 'n Britse een omruil. Nie seker nie. Indien nie, sal ek maar eendaag hier ook my toets in 'n plattelandse dorpie sonder bulte, robotte, sirkels of mense gaan doen.

lolla said...

jippie vir jou!

Lammervanger said...

Klaar en deur! Magtag dit was maklik in vergelyking met die goeie ou K53 martelsessie. Ek skat 10 jaar se bestuur help ook...

Christine said...

ag boo ek het nou al 2x my antwoord verloor.
geluk met die liksensie! wat gan jy nou doen met jou wiele?
re K53: ek het my 1e poging binne drie sekondes (of minder) gedruip.
Toe boek ek die 2e sessie vir Calvinia se toetsbaan. Daar moes ek basies een keer om die blok ry. En in daai tyd, dink ek, het ek nie een ander kar op die pad gesien nie. Nes ek daarvan hou. MY BAAN! :-)

Do Kwang said...

Nice kiekie.

Natasja said...

Ek's vreeslik bly vir jou maar ek moet bieg: ook flipping jaloers! :-)

Christine said...

dit was 'n geween en gekners van tande (letterlik) om hierdie visa te kry, so ek vryf graag ander mense se neuse daarin!