Sunday, February 19, 2006

Minki trek Londen toe - soortvan

Minki van der Westhuizen gaan glo voortaan vir vier maande per jaar in Londen bly. Sy sal gou regkom, seg haar agent - sy's in elk geval een maal 'n maand hier, so sy behoort nie aanpassingsprobleme te hê nie.
Hoe gelukkig. En sy spring nie slegs die aanpassingsprobleme vry nie. Ek vermoed ook dat mense soos sy nooit die geleentheid kry om vir (wat voel soos) ure laat in die nag vir 'n trein te wag wat verseker vol gaan wees teen die tyd wat hy opdaag nie. Sy mis nie uit nie, maar dis regtig nie altyd oninteressant nie. Aag, OK, dit suig. Maar vir haar en die res wat dit nooit sal beleef nie, hier's 'n uittreksel.

Jy kan oor ander mense se skouers koerant lees:

Jy kan die muise wat onder die spore rondhol dophou:

Jy kan luister hoe mense langs jou die advertensies met dialoog dramatiseer:

Of jy kan tel hoeveel mense hul Sudoku klaarmaak voor hulle in 'n koma gaan (antwoord: nie baie nie):


Die pers in SA is natuurlik verheug oor Minki se skuif. Want met die volgende ramp wat die stad tref kan hulle na hartelus hoofopskrifte soos SA Model Oorleef Terreur-hel, of Minki se Noue Ontkoming uitdink. Hulle kan ook dramatiese tonele uitbeeld van wat kon gebeur as sy die bus sou vat wat sy nooit vat nie, na 'n plek waar sy nog nooit was nie.

4 comments:

Do Kwang said...

Underground-muise!!! Hulle was glo die original inspirasie agter daai marshmallow muise wat jou ma gese^ het jy nie by die kafee mag koop nie omdat die ander kinders met hul vuil hande daaraan vat.

Christine said...

JOU ma miskien. My ma wou net nie hê ek moes die Keur lees of bubblegum eet nie.

Do Kwang said...

Kon jy video games speel in die arcade? Ek mog nie.

Christine said...

Ek ook nie. En dis hoekom ek nou verplig voel om tydens werksure PacMan te speel, doelgerig om die agterstand uit te wis.