Friday, January 13, 2006

Die laaste maal

Ek gaan nie verder my kop breek oor wat ek vir 'n laaste maal sou bestel nie. Ek het besef dit kom basies daarop neer dat ek myself so te sê sal dood vreet, of ten minste 'n dapper poging sou aanwend.
Ek's ook bly om te sê niemand het my nog verstoot nadat ek my ongesonde belangstelling in terdoodveroordeeldes (daar's 'n lekker woord vir Scrabble) met die wêreld gedeel het nie. Ek het selfs intussen ontdek dat derduisende mense (of tientalle, ten minste) hierdie belangstelling deel - wat, ek gee toe, dit nie minder ongesond maak nie.
Hierdie mense (soos ek) word glo daarvan beskuldig dat hulle 'n grap maak van ander se laaste oomblikke, en dus geen respek vir hulle lewens het nie. Maar dan beweer sommige wat laaste maaltye bestudeer dat ons geintereseerd is om 'n konneksie te kry met die misdadigers. Hulle bestel goed soos kaasburgers of hoenderpastei of roomys, en omdat ons dit ook eet, het ons meer simpatie met hul lot.
Ek weet nie. Gaan soek self die redes. Ek het nie 'n behoefte om te lees hoe iemand karaktertrekke en simptome, soortgelyk aan my eie, beskryf as tipies die van 'n freak nie.

So kom ek toe af op 'n lys met die top tien laaste maaltye.
Nr. 9 was Thomas Grasso, wat die volgende bestel het: a dozen steamed mussels, a Burger King double cheeseburger with mustard, mayonnaise, lettuce and tomato, a can of Franco-American spaghetti with meatballs, a mango, half of a pumpkin pie with whipped cream, and a strawberry milkshake.
Maar Grasso het eintlik vir SpaghettiOs gevra - nie vir die spaghetti en meatballs wat hy uiteindelik gekry het nie. En dis toe ook wat hy in sy laaste statement sê: "I did not get my SpaghettiOs. I got spaghetti. I want the press to know this!"

Nr. 6 is Timothy McVeigh, die Oklahoma bomber. Hy het twee pints mint chocolate chip roomys gevra. (Toe ek dit vier/vyf jaar terug gelees het, het ek vir drie dae lank koue rillings gekry.)

By nr. 5 word twee ouens gelys wie se laaste versoeke nie toegestaan is nie.
Robert Madden wou hê sy maal moes aan 'n hawelose persoon gegee word. En Odell Barnes, Jr. het gevra vir Justice, Equality, en World Peace.

Nr. 1 is Robert Buell, wat gevra het vir 'n enkele swart olyf, ongpit. Hy het dit bestel ter ere van Victor Ferguer, wat 40 jaar vantevore presies dieselfde bestel het. Ferguer het glo gesê hy hoop daar groei 'n olyfboom uit hom, as 'n teken van vrede.

4 comments:

lolla said...

Ek dink ek sal iets bestel wat hulle nie by die naaste OK Bazaars kan vind nie, iets soos gestoomde selekant.

Christine said...

Of 'n stuk van daai giftige vis, Fugu?

Do Kwang said...

Ek ken ook 'n baie nice kortverhaal oor nekrophilia wat deur 'n Kanadese skrywer geskryf is en waarvan ek vir jou die naam en skrywer kan kry as jy belang sou stel . . .

Christine said...

Nee, nee. Ek's geintereseerd in die laaste bietjie lewe. Daarna kan die nekrophiliakke maar oorvat.