Saturday, January 21, 2006

Ons gaan ski (of probeer)

Die Spaanse ambassade kon hulself uiteindelik sover bring om vir my 'n single-entry visa te gee. En dit terwyl ons in elk geval net daar MOET land (hierdie keer; die laaste keer) om na Andorra te gaan. Volgende keer sal ons weer deur Frankryk (ons geliefste ambassade) aansoek doen vir ons visas. Werner het darem 'n multi-entry visa vir drie maande gekry. Maar ek dink nie dit sal wys wees as hy sonder my op vakansie gaan nie! So, in effek het hy eintlik ook net 'n single-entry visa.
Maar ons hét nou die goed, en dit beteken ons gaan vir die volgende week in Andorra in die sneeu baljaar en probeer om heel anderkant uit te kom. Ek het darem my hare gedye, net in geval ek my polse breek en dalk vir die volgende ses weke met grys roots moet rondloop.
Tot later dan.

1 comment:

Do Kwang said...

Blykbaar is Cal die enigste kiesafdeling in SA waar die KP in die komende verkiesing gaan staan.