Monday, January 19, 2009

Dag 19 - The Times v Die Gratis Koerante


En die gratis koerante wen.
Ek hou nog van my Metro fix in die oggend, maar ek raak nie meer aan die londonpaper in die aand nie - nie omdat dit volgens hul kompetisie - die London Lite - soveel ink aan mens se vingers afgee nie. Nee, dis eenvoudig net te uiters horribaal. Die London Lite is effens beter - nie omdat dit gedruk word op ink wat nie afsmeer nie. Nee, dis omdat hulle 'n bladsy het waarop hulle sms-boodskappe publiseer, waarop ander mense dan weer reageer. Die volgende boodskap het byvoorbeeld onlangs 'n groot, stimulerende, debat afgeskop: "So what was your worst Christmas present? A year's supply of toilet roll is my contender. (Disappointed, Brockley)".
Ok, dit sal nie die wereld se probleme oplos nie. Maar dit laat voel jou darem beter oor jou eie.

2 comments:

Blogger said...

Die gratis koerante is een van die beste aspekte van om in Londen en bly! Ek moet al drie elke dag kry. Na my mening is thelondonpaper die beste maar ek hou baie van sms-boodskappe wat The London Lite publiseer. Die snaakse een het gevra, "Would you rather have conkers on strings for arms or celery for legs?" Ek so hard gelag!

Christine said...

Baie snaaks! Conkers on strings for arms, obviously!
Ek het lank probeer om die London Lite en londonpaper te ignoreer - ek's moeg daarvoor dat koerante (en nou ook Channel 5 nuus) voel hulle moet al die nuus dumb down - maar nou blaai ek maar weer vinnig deur die London Lite. Hoofsaaklik vir die text-debat.