Tuesday, January 06, 2009

Dag 6 - Woolworthless

Woolworths, wat vir bykans 'n eeu besigheid in Brittanje gedoen het, het vandag sy laaste winkels gesluit. Dis tragies. Hulle het die coolste (goedkoop) speelgoed gehad. (Soos 'n opwen Shaun the Sheep wat ek amper nie vir die 3-jarige seuntjie vir wie dit bedoel was gegee het nie.)

Die groep was die eerste, maar nie die enigste, hoƫ-profiel slagoffer van die huidige finansiele krisis.
Gister het Waterford Wedgwood gevou, en Whittard of Chelsea is ook onlangs, na 'n 122-jarige bestaan, onder administrasie geplaas. Maar ek's nog OK - moenie worry nie!

2 comments:

Blogger said...

Elke Brit onthou Woolworths. 'n Paar jaar gelede het ek in Elephant and Castle gewerk en het diwkels na Woolies gegaan om CDs en ander goede te koop. Jy kom Woolies orals vind - in ryke voorstede, in arme voorstede, in klein dorpies en stede ens.

Christine said...

Woolies was baie cool. En baie onderskat. Ons het dit ook in SA - maar daar is dit meer soos M&S.