Saturday, January 24, 2009

Dag 23 - 2000 ure

As ek nie op die tube gelees het of na ander mense gestaar het nie, sou ek al vir ongeveer 2000 ure (ten minste) na hierdie patroon moes kyk.

Ek het eenkeer gelees hoe iemand gehardloop het vir 'n oop sitplek. 'n Paar minute later, net toe hy begin wonder hoekom niemand anders daar gaan sit het nie, toe voel hy iets nats deur sy broek, en besef toe die persoon wat voor hom daar gesit het se blaas het hom in die steek gelaat. Sedertdien was ek nog altyd senuweeagtig voor ek gaan sit. Maar dis soos 'n lottery - jy weet nooit wanneer dit jou beurt is nie.

4 comments:

Blogger said...

Ek was een saterdagaand op die moltrein, dit was omtrent 6nm en 'n man het op die vloer gepis! Hy was dukgesuip en weet nie wat hy doen nie. Dit was net so vreemd, onbeskaaf en, eintlik, nogal snaaks.

Christine said...

Gross! Maar ek weet hoe hy voel! Ha ha.
Ek moes al baie vinnig skuif as dit lyk of mense wil opgooi.

Blogger said...

Gooi op die moltrein op? Ja, ek het...

Christine said...

Ag nee, ha ha.
Ek het eenkeer 'n meisie gesien wat saam met my op universiteit was. Toe wou ek opstaan om haar te gaan groet, maar te begin sy opgooi (dit was baie laat). En toe gaan sit ek maar weer :-)