Sunday, January 18, 2009

Dag 17 - Hulp vir die c****t c***ch


Behalwe dat Werner vir drie weke werkloos was en ons huis-paaiement vandeesmaand opgaan, het die finansiele krisis ons nog nie regtig affekteer nie. Baie ander mense is natuurlik nie so gelukkig nie.
Ray, byvoorbeeld, was ag maande sonder werk. (Waarvan hy darem vir ses maande 'n salaris gekry het, en die wereld vol kon reis.) Hy't hierdie week vir die eerste keer begin werk. En hy se hy't amper op sy eerste dag weer uitgeloop. Nie omdat hy gewoond geraak het aan leegle nie, maar omdat hy nou iets moet doen wat hy altyd gese het hy sal nooit doen nie.
Ek doen al vir jare goed wat ek gese het ek sal nooit doen nie. Dis elke keer 'n besondere laagtepunt as jy voel jy moet jou standaarde prysgee omdat (dit voorkom asof) jy nie 'n keuse het nie. Ongelukkig is daar nie 'n salf vir die stres wat 'n gekneusde ego veroorsaak nie.

2 comments:

Alexander said...

Die enigste keer dat ek sonder werk was, was 11 jare gelede nadat universititeit. Ek soek altyd die veiligheid van werk - of miskien is ek net te bang om die werk te probeer doen wat ek eintlik wil doen.

Christine said...

Ek's dieselfde. Ongelukkig.