Friday, January 23, 2009

Dag 22 - Donderdagaand Pret

Vriende het kaartjies vir vandeesweek (daar's 'n woord wat ek lanklaas gebruik het!) se opname van die Sunday Night Project gekry. Ek moes hierdie foto superskelm neem, want die sekuriteitsouens was vrek groot. Jy kan nie veel sien nie, maar nou weet jy wie Sondagaand se gas is. Nie dat dit gewoonlik 'n geheim is nie. Of is dit? Ek weet nie. Ek het eintlik nog nooit die show gekyk nie. Maar Alan Carr en Justin Lee Collins is albei geweldig snaaks. En Anne Robinson het lekker saamgespeel. Tina Malone van Shameless was ook een van die gaste, en sy's altyd komieklik. Maar Michelle Heaton was pateties. Of dronk. Of beide.

2 comments:

Blogger said...

Ek stap elke dag verby daai TV studios en sien die lyn mense wat wag om in te kom, want ek werk net 'n bietjie verder daarvan naby die Oxo Tower.

Ek het een keer Justin in The Mulberry Bush kroeg sien drink maar gewoonlik sien ek net mense oor wie ek nie omgee nie.

Christine said...

Daar's girls/wannabes wat uuuuure in die badkamer spandeer het om NOG make up op te sit vir hulle groot oomblik op TV. Lekker stoopit.

Jy's gelukkig om daar naby te werk. Die South Bank is my gunsteling deel van Londen.