Monday, January 05, 2009

Dag 5 - toe dit weer krismis is

Ek het gister beweer daar's maar twee maniere om die swaarmoedigheid van Januarie en Februarie te keer. Ek het natuurlik van die lekkerste manier vergeet: sneeu.
Ek's steeds kinderlik opgewonde as ek wakker word en ontdek dat alles met sneeu bedek is. Dis geweldig minder aangenaam as iemand wat 3am nog wakker is besluit dis 'n goeie idee om jou met 'n sneeubal te gooi. WTF? In elk geval - dit het wel later die nodige inspirasie verskaf om my 'n volle twee uur vroeer uit die bed te kry, net sodat ek vir 'n uur lank voor werk in die sneeu kan speel. (Vir die ander uur moes ek in die huis ronddwaal en wag dat dit lig word.)

3 comments:

Blogger said...

Sneeu is nie so goed soos toe ek jong was nie. Dit was dieper/dikker en het vir dae gebly. Nou verdwyn dit gewoonlik na 'n paar ure.

Christine said...

Dis hoekom ek douvoordag moes opstaan! Maar dit bly cool (vir iemand wat in 'n semi-woestyn grootgeword het).

Yo Mary! said...

Ek luv ook sneeu. Seker ook omdat ek nie soooo gewoond aan sneeu is nie. Wanneer gaan ons nou weer op ons ski-vakansie?