Friday, January 09, 2009

Dag 8 - Brixton liefdesverhaal (deel 1)


Ek haat dit eintlik om skelm foto's te neem, maar ek kon hierdie een nie weerstaan nie. En aangesien ek gister geen ander foto's geneem het nie, het ek soortvan ook nie juis 'n keuse gehad nie.

Ek lieg! Ek's mal oor skelm foto's. Dis 'n moerse kick.

10 comments:

Blogger said...

Ek het een keer gelees dat iemand moltreinreis beskryf het as "'n reeks van tien sekonde liefdes affairs".

Christine said...

Dis mooi. Ek hou daarvan.
Persoonlik weet ek nie hoekom mense alewig so oor die tube kla nie.

Blogger said...

Die moltrein is uitstekend. Jy ry en moet nie praat nie, jy kyk die ander resigers en luister na hulle gespreke. Jy sit en lees in jou eie wêreld en dan kom jy by jou bestemming aan en alles verander.

Christine said...

Ek het nounet 'n ou storie opgespoor wat ek in 2004 vir Klets geskryf het. Lyk my toe het die tube - en hoofsaaklik die suits en malles daarop - my nog depressief gemaak. Nou, snaaks genoeg, voel ek soms my uur-lange reis gaan veels te vinnig verby. Miskien omdat dit al tyd is wat ek heeltemal afskakel.
Toeriste sonder geld moet eintlik ook net die laat-aand tubes vat. Dis die beste goedkoop vermaak in Londen.

Blogger said...

Was Klets daai e-tydskrif?

Christine said...

Ja. Ek dink die laaste een is einde 2004 uitgestuur.

Blogger said...

Dit was 'n lekker lees en ek het 'n paar kopies afgelaai. Ek onthou daar was 'n baie interessante artikel oor Bruce Donaldson, wie Colloquial Afrikaans geskryf het.

Nou sonder Die Stem en SA Times waar kan 'n mens Afrikaans in VK lees? 'n Paar blaaie in The South African is nie genoeg nie, veral as ek vergeet om 'n kopie te kry!

Christine said...

Ja dis jammer Klets het gevou. Die mense wat dit bestuur het, het mos 'n nuwe Sondag-koerant in SA begin. Maar dit het ook nie lank gehou nie.
Org (Klets se redakteur) het flippen hard gewerk om dit elke maand uit te bring, maar dis eintlik 'n ondankbare taak. Niks keer ons natuurlik om self so 'n e-tydskrif uit te gee nie. Die idee met Klets was dat dit soos 'n Afrikaanse weergawe van The Week is - mens sal redelik maklik inhoud bymekaar kan maak. Ons moet eintlik net 'n paar adverteerders kry, of mense van die begin af daarvoor laat betaal. Ek sal bietjie by Elizma en Marco (ex SA Times) hoor wat hulle dink.

Blogger said...

Ja ek onthou Die Wêreld en Sybrandus het vir my 'n bietjie meer daaroor vertel toe ek in Kaapstad was en hoekom dit nie uitgewerk het nie.

Dit lyk vreemd dat daar soveel Afikaanssprekers en ander Suid-Afrikaners in VK is maar so min Afrikaans word uitgegee. Of miskien kyk ek nie na die regte plekke nie.

Christine said...

Dit sou 'n liefdestaak moet wees om self enigiets in Afrikaans uit te gee. Suid-Afrikaners wil alles verniet hê.