Hier's 'n veelsydige geskenk-wenk, vir vriende of familie, wat geneig is om ongeveer 15 uur na hulle by jou aangekom het, weer met 'n erge hoofpyn en korttermyn-geheueverlies huiswaarts te keer:
'n Gevriesde boerewors om teen die voorkop te hou (soos op hierdie geposeerde foto gesien kan word).

Dit sou onwys (selfs waansinnig) wees om jou eie wors weg te gee - sou jy enige hê. Gewoonlik kan jy net die wors wat die persoon die vorige dag daar aangebring het weer vir hulle truggee.
Ag, en dis só waar: die uitdrukking op mense se gesigte maak dit soveel meer bevredigend om te gee as om te ontvang.
Let wel: As hulle niks wors saamgebring het nie, sal hulle tevrede moet wees met 'n Berocca.
No comments:
Post a Comment