Saturday, December 03, 2005

Mense wat in grotte bly

Toe ek die eerste keer van Rachel Zadok gehoor het, was ek opreg opgewonde vir die geluk wat skielik na haar kant gekom het. Ek’s mal oor stories waarin die underdog se lot oornag verander.

Dié underdog, as jy nog nie van haar gehoor het nie, is ‘n 33-jarige Suid-Afrikaner in Londen, wat bedags ‘n boek geskryf het en saans as kelenerin gewerk het. Toe sit sy eendag ‘toevallig’ die TV aan, kom te hore van ‘n How To Get Published kompetisie op die Richard and Judy program, skryf haar boek (Gem Squash Tokoloshe) in, is een van die finaliste, word deur 'n bekende uitgewer opgeraap, en is nou op die kortlys vir die gesogte Whitbread Award.

Aanvanklik dag ek: wat 'n ongelooflike storie! En: Sjym, sy is seker nog onwettig in die land ook. En hoe oorleef sy op haar karige kelnerin salaris? En waar kry sy al die energie om nog ‘n boek ook te skryf? En so.

Toe lees ek dat sy ryk grootgeword het, met ‘n dokter getroud is, reeds vier jaar in die land is en ingeskryf was vir ‘n kreatiewe skryfkursus. Alles normaal en goed. Maar die storie is net nie meer heeltemal so ongelooflik nie, want al hierdie feite beteken sy’s nie regtig ‘n underdog nie, en ook dat sy weinig van die tragiese ontberinge moes verduur wat ek my voorgestel het nie. Daar was seker ander, maar die's waaraan ek gedink het is die materiaal waarvan hartverskeurende inspirerende movies gemaak word. En nou, jammer om te sê, sal niemand meer 'n movie oor haar lewe wil maak nie. Wie wil nou kyk hoe sy in die (relatiewe) weelde van 'n tweeslaapkamer woonstel lewe, en alleenlik vir inspirasie werk, en nie omdat die landlord op haar spoor is nie.

Dit kan seker gedoen word. Hulle gebruik immers alreeds publisiteitstruuks om haar interessanter te laat klink, met opskrifte soos: "Kelnerin op kortlys."
Dis nie onwaar nie, maar eintlik kan hulle mos sê: "Doktersvrou verras", of "Kreatiewe skryfstudent wys die grotes".
Om te sê "Dankie, julle! Maar, regtig, ek het my gat af gewerk hiervoor", is eenvoudig nie goeie publisiteit nie.

Ek meen, gestel ek doen eendag iets naastenby indrukwekkend, sal die koerant-opskrifte dan se: "Meisie met Standerd 7 tik doen iets naastenby indrukwekkends"? Ek vermoed so!

Behalwe my teleurstelling met die onthulling dat sy nie 'n underdog is nie, het ek 'n groot probleem met die volgende uitlating in 'n onlangse onderhoud (wat op die Times Online gelees word):
"… she admits to revelling in the “freedom” of Britain: “It has broadened me. People know so much stuff here. I am amazed by their expertise on quiz shows. South Africa was so cut off; really, it was a cultural desert.”

Ekskuus?

As iemand soiets kwytraak, verdwyn my gemoedelikheid gou, en sal ek sommer ook ongegronde stellings begin rondgooi soos: "Dis 'n vervelige boek. Sy's maar net die token African op die kortlys."

Natuurlik weet almal wat aan quiz shows deelneem baie "stuff". Maar keer 'n paar Britte op straat voor en vra wie's die patron saint van Engeland - kyk bietjie hoeveel van hulle weet dit. Weinig.

Ek kan jou wed sy weet dit ook nie. Want iemand wat langer as vier dae in Engeland bly (wat nog te sê van vier jaar!) en dan voorgee dat hulle nog nooit van Richard en Judy gehoor het nie, weet werklikwaar nie veel van enigiets nie.

Richard en Judy lok nie net vir die afgelope vyf jaar al miljoene kykers – daagliks - nie, mense boots hulle gereeld in die openbaar na (want dis altyd histeries), en al wat 'n koerant of tydskrif is het ten minste een keer 'n week 'n verwysing (goed of sleg) na hulle of hul program in.

Richard en Judy is 'n Britse instelling. Mense is nie net geinteresseerd in wat op hulle program gaan wees nie, dis ook snaaks om te sien hoe hulle (soos meeste getroudes) mekaar heeltyd doodpraat of korrigeer of irriteer. Richard is boonop 'n knaende verleentheid vir Judy (en soms die hele nasie), en hoe meer sy bloos of hom probeer keer, hoe erger maak hy dit met sy knaende gebabbel.

Om trug te kom by die punt: Hulle begin toe 'n boekklub (as Oprah kan…), en die koerante begin hulle skielik ernstig opneem want elke boek wat daarop bespreek word, word onmiddellik 'n blitsverkoper. (Star of the Sea, Toast, Brick Lane, Lovely Bones, Notes on a Scandal, The Bookseller of Kabul…)
Al is baie mense steeds smalend daaroor, kan niemand meer die ongelooflike invloed van Richard en Judy ontken nie.

Almal, behalwe Rachel Zadok.

Eerlikwaar, die minste wat sy kan doen in erkenning vir hulle bydrae tot haar sukses, is om nie voor te gee dat sy nog nooit van hulle gehoor het nie.
En as dit werklik die geval is, kan sy gerus erken dat SY die een is wat onder 'n klip in 'n godsverlate cultural desert bly.

3 comments:

Christine said...

Jonathan Ross is op 101. Ek dog jy kom nie daar nie? Of wag jy totdat dit op Sky se UKTV Gold-kanaal wys, jare later?
Ek dink Jonathan Ross (op 'n Vrydag) is uitstekend, en Parkinson (op 'n Saterdag) ook. Maar ek verkies ook Jonathan Ross. Sy show is, in fact, die hoogtepunt van 'n Vrydagaand voor die TV, wat om 10pm op Channel4 begin met Peep Show, gevolg deur Peter Kay se Phoenix Nights. Daar's min paarties wat met so 'n line-up kan kompeteer.
Elk geval, as jy nog nie van Richard en Judy gehoor het nie, het jy hopelik al van Alastair MacGowan gehoor, en dalk gesien hoe hy hulle (asook Jonathan Ross en Parkinson) namaak? Indien nie, bly maar ingetjoon op UKTV Gold.
Terloops, Alastair MacGowan maak Richard en Judy beter na as wat hulle dit self kan doen.
En hier is hulle vervelige website.

Do Kwang said...

Daai chick waaroor jy skryf, klink horing.

Christine said...

Ander mense sou sê ek's net jaloers :-)