Tuesday, December 20, 2005

Summink or nuffink

Ek is absoluut oorval met versoeke van mense wat wil weet wat hulle vir Little Britain aanhangers vir Kersfees moet gee.
Hier's 'n paar idees.

Eerstens, 'n poster vir die een wie se toilet opgepak het:



En daarmee saam, hierdie pop wat op die spaar toiletrol staangemaak kan word. (Nee, ek twyfel of daar 'n blow up weergawe beskikbaar is - maar dis sekerlik net 'n kwessie van tyd.):



Of wat van hierdie een vir die koffietafel? Want dis tog logies dat sou jy vir Vicky en Andy langs mekaar staanmaak en iemand vra om te kies, hulle sal sê: I want that one!



Terloops, is dit nie ongelooflik hoe lank 'n mens 'n gesprek met iemand kan voer deur slegs one-liners uit Little Britain aan te haal nie?
Nou die aand groet ons twee van ons huismaats wat die volgende oggend douvoordag op 'n drie-maande vakansie na Suid-Amerika sou vertrek. Teen die tyd wat ons opstaan was hulle weer terug by die huis.
Wat het gebeur? vra ons simpatiek.
Nee, sê Steve (na aan trane), toe ek my paspoort vir die vrou wys, toe sê sy...
En ons seg almal gelyk: COMPUTER SAYS NO!

Aaaag, jy moes daar gewees het.

3 comments:

Do Kwang said...

Wat kan mens alles met een van daai poppe doen?
Het jy al Roelie se site gecheck, dis befonk - maksideem.blogspot.com

Do Kwang said...

Wat kan mens alles met een van daai poppe doen?
Het jy al Roelie se site gecheck, dis befonk - maksideem.blogspot.com

Christine said...

Jy kan op 'n knoppie druk en dan praat hulle met jou. Watter een spesifiek het jou nou aan Roelie laat dink? HAHAHAHAHA